Senwes Scenario September - November 2021 | Page 27

NUUS

REKORDPRYS VIR BEEFMASTERBUL BEHAAL

ʼn Beefmasterbul is aan die begin van Julie vir die Suid-Afrikaanse rekordprys van R1,1 miljoen verkoop .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Dié bul ( BOS 166 103 ) is afkomstig van die Bos Blanco Beefmaster-stoetery in Kroonstad en is aan Chris van Heerden van Gamtouw Boerdery naby Bronkhorstspruit verkoop .
Voor dié veiling wat aan die begin van Julie by Afridome in Parys aangebied is , was die hoogste prys wat nog vir ʼn Beefmasterbul aangebied is , R600 000 .
Volgens Van Heerden het hy sy navorsing baie deeglik gedoen alvorens hy die bul aangeskaf het . “ Die genetika van die bul kan oor vyf generasies nagespoor word , en van dié genetika is reeds in ons bestaande kudde te vinde ,” sê Van Heerden .
Van Heerden het op dieselfde veiling nog ʼn rekordprys van R350 000 betaal vir ʼn 3-in1-koei ( BOS 166 364 ), ook vanuit die Bos Blanco-stal .
* Die veiling is deur Vleissentraal aangebied en Ian Grobbelaar was die afslaer .
Sugargraze voersorghum : die staande hooi- en kuilvoer maatstaf
Sugargraze is ’ n medium-laatblom , Soetsorghum x Soetsorghum baster . Dit lewer top-gehalte produksie danksy hoë suikervlakke op alle groeistadia ; selfs na dit volwassenheid bereik het . Die hoë suikerinhoud verhoog smaaklikheid en verminder vermorsing wanneer dit gedurende die winter as staande hooi benut word ; ongetwyfeld die beste staande hooi op die mark !
Sugargraze maak ook uitstekende kuilvoer ; relatief tot mielies , kan dit kuilvoer produseer met ongeveer 5 % minder energie / kg , maar ’ n hoër totale energie / ha kan onder marginale droëland-toestande verwag word .
Sugargraze , soos alle sorghums , is baie droogteverdraagsaam en kan tydens ’ n stremmingsperiode tot groeistilstand kom en die reën afwag . Daar is egter ook ’ n blousuur gevaar wanneer plante aan sulke stremmingstoestande blootgestel word .
Sugargraze is baie gevoelig vir lae grondtemperature ; minimum grondtemperatuur moet > 15 ° C wees vir saad om te ontkiem en saailinge om te vestig .
Limagrain Zaad South Africa www . lgseeds . co . za
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021 25