Senwes Scenario September - November 2021 | Page 26

NUUS

VARSPRODUKTE-

MARKTE GROEI

ONDANKS COVID- UITDAGINGS

Die omset van Suid-Afrika se 19 vernaamste varsproduktemarkte het van 2019 tot 2020 met 7 % gestyg , desondanks vele uitdagings vanweë die Covid-19 pandemie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Groente se totale omset was sowat R13 miljard , terwyl vrugte se totale omset sowat R6 miljard was . Sagtevrugte , subtropiese vrugte en sitrus se bydraes tot die totale omset was onderskeidelik 13 %, 13 % en 5 %. Selfs al word inflasie in ag geneem , het die reële omset van varsprodukte met 100 % gegroei , oftewel verdubbel vanaf 1997 tot 2020 . Die verkoopsvolume het met 13 % gestyg oor dieselfde tydperk .

SO VAAR VERNAAMSTE VARSPRODUKTE GROENTE
In terme van omset , toon aartappels ʼn 26 % groei met ʼn totale omset van R5,01 miljard , gevolg deur tamaties ( 11 %), uie ( 9 %), soetrissies ( 3,4 %) en wortels ( 2,9 %). As dit kom by groei in terme van tonnemaat , gee aartappels weer die pas aan met ʼn groeisyfer van 34 %, gevolg deur uie ( 12 %), tamaties ( 9 %), wortels ( 4 %) en kopkool ( 3,8 %).
Hierdie groei in die omset van aartappels kan grootliks toegeskryf word aan die beter pryse aan die einde van die jaar toe Limpopo in die mark was met ʼn kleiner oes as normaal . Aartappelverkope het 34 % van die verhandelde volume van meer as 3 miljoen ton op varsproduktemarkte uitgemaak .
Op die keper beskou beteken dit dat aartappels , per gewig , een van die mees bekostigbare voedselbronne op die varsproduktemark is .
VRUGTE
Piesangs blyk die gewildste vrugtesoort te wees en toon ʼn 8 % groei . In terme van tonnemaat het piesangs met 6 % toegeneem .
Ander vrugtesoorte wat groei aangeteken het , sluit in appels ( 6 %), lemoene ( 2,1 %), avokado ’ s ( 1,9 %) en druiwe ( 1,8 %). Wat groei in tonnemaat betref word piesangs gevolg deur appels ( 5 %), lemoene ( 2,6 %), pere ( 1,4 %) en waatlemoene ( 1,4 %).
Ongeag die laer omset en verkoopsvolume in 2020 teenoor 2019 , was piesangs steeds die vrug met die grootste omset vir 2020 . Die R1,5 miljard wat piesangs verdien het , was 8 % van die totale omset op varsproduktemarkte . Dit is ʼn omset van R80 miljoen minder as in 2019 . Dié omset kon egter baie laer gewees het , was dit nie vir die styging van 23 % in die gemiddelde prys van piesangs nie .
24
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021