Senwes Scenario September - November 2021 | Page 18

FINANSIES

DIE REGTE FINANSIËLE BEPLANNING

NODIG OM STYGENDE INSETKOSTE TE ABSORBEER

Die afgelope seisoen se goeie opbrengste en gepaardgaande kommoditeitspryse het meeste produsente in ʼn goeie posisie gelaat .
Ramondé Odendaal Landbou-ekonoom
Ansunette Joubert Landbou-ekonoom

Produsente kon vanjaar vroeër klaar stroop en waar grondvog dit toelaat , is daar reeds begin met grondvoorbereiding vir die komende seisoen . Produsente staar egter verskeie uitdagings in die gesig vir die komende seisoen . Die vooruitsig om te plant , gemeet aan onder andere die toename in trekker- en toerustingverkope , vroeë aankope van insetmiddele asook finansiële beplanning , blyk positief te wees . Die relatiewe hoë internasionale vraag , tesame met lae voorraadvlakke , gee op die oomblik goeie ondersteuning aan graanpryse wat , indien dit volhard , goeie marges tot gevolg kan hê . Dit is indien opbrengste dienooreenkomstig goed is in die komende seisoen . Meeste produsente is ook in staat om agterstallige skulde aan te spreek , wat ʼn verligting op die kontantvloei vir die komende seisoen tot gevolg kan hê .

Ten spyte van die positiewe vooruitsigte is daar egter kommer oor stygende insetkoste . Dit is veral ʼn bekommernis siende dat produsente prysnemers is en grotendeels afhanklik is van deeglike beplanning en verhoogde effektiwiteit om stygende insetkoste teen te werk en in die proses , te probeer verseker dat positiewe mar- ges gerealiseer word . Onlangse voorspellings dui stygings per hektaar aan van tussen 3-5 % vir saad , 15 % vir chemiese middels en kunsmispryse wat tot en met 35 % per hektaar kan styg . Die onluste en skade wat in Julie vanjaar aan verskeie infrastrukture aangerig is en die versperring van logistieke eenhede het om die beurt ook bygedra tot hoër produkpryse en belemmer die beskikbaarheid van produkte . Dit laat die vraag ontstaan of die produsent te midde van hierdie uitdagings , nog steeds finansieel volhoubaar kan boer .
Die verwagte styging in insetkoste asook die beskikbaarheid van insette soos kunsmis , gaan na verwagtinge druk op die winsgewendheid van graanprodusente in die komende seisoen plaas . Die Senwes EBuro bestuursontledingsdata word gebruik om die potensiële impak van die verwagte styging in insetkoste op die winsgewendheid van graanprodusente te kwantifiseer . Dit moet egter in ag geneem word dat die data verteenwoordigend is van die 5-jaar groepgemiddeldes vir Noord-Vrystaat , Wes- Vrystaat en Noordwes .
Figure 1 tot 3 gee ʼn oorsig van die styging in die veranderlike produksiekoste oor die laaste vyf produksieseisoene vir die onderskeie distrikte . Die samestelling van produksiekoste bestaan uit kunsmis ( 35-37 %), saad ( 16-21 %), chemie ( 15-17 %) en brandstof- en reparasiekoste ( 18-21 %). Die diverse veranderlike koste bestaan uit oesversekering , los arbeid , silokoste en kontrakwerk .
Die gemiddelde styging in saad vir die tydperk onder oorsig was 5 % en kunsmis het met 1 % gedaal . Die rede vir die gemiddelde daling in kunsmis is hoofsaaklik oordragvoorraad weens ongunstige planttoestande en ‘ n prysdaling in 2017 en 2020 , soos wat gesien kan word in tabel 4 . Chemie het egter gestyg in die Noord-Vrystaat ( 10 %) en Noordwes ( 3 %), terwyl daar ‘ n daling van 2 % in die Wes-Vrystaat
was . Vir die 2021 / 22 seisoen word ‘ n verhoging van tot 40 % in glifosaat voorspel .
Figuur 1 : Direkte produksiekoste : Noord-Vrystaat
Figuur 2 : Direkte produksiekoste : Wes-Vrystaat
Figuur 3 : Direkte produksiekoste : Noordwes
In tabelle 1 tot 3 is ‘ n sensitiwiteitsanalise gedoen vir die 2021 / 22 seisoen inaggenome die verwagte styging in insetkoste . Totale produksiekoste vir die onderskeie streke is gebruik , gebaseer op die groepgemiddeld . Die verwagting is dat totale produksiekoste vir Noord-Vrystaat ± R10700 / ha , Wes-Vrystaat R12 400 en Noordwes R10 300 / ha kan beloop . Die berekening sluit egter kapitale delging en lewenskoste uit . Kapitale delging
16
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021