Senwes Scenario September - November 2021 | Page 17

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

LIE

TRA GELD

50 % olie realiseer . Aanplantings in die 2020 seisoen het olie-persentasies tussen 45,7 % en 50,5 % gelewer ,” sê Andries .
SY 3970 CL is ʼn kultivar met goeie opbrengspotensiaal wat baie goeie droogtetoleransie bied . Die saailing groei kragtig en neem sowat 125 – 130 dae om relatiewe volwassenheid te bereik en 69-72 dae tot blom . Dié mediumgoeier word nie baie hoog nie en beskik ook oor die “ stay-green ” -eienskap wat help dat plante nie omval voor of tydens die stroopproses nie . Die plant vorm ʼn baie goeie sekelnek aan die einde van die seisoen , met uitstekende pitvastheid . Die graankleur is swart wat identiteitspreservering deur die waardeketting help verseker .
SY 3970 CL pas uitstekend aan in minimumbewerkingstelsels maar is ook geskik vir konvensionele bewerkings . Dit kan teen gemiddelde tot hoër plantpopulasies geplant word .
SY 3970 CL is toegerus met Clearfieldtegnologie vir die maklike beheer van breëblaar- en grasonkruid terwyl die saad met die beste saadbehandelingsprodukte op die mark behandel is .
Vir meer inligting oor die projek of om jou bestelling te bevestig , kontak jou naaste Sensako-makelaar , of vir Pieter Craven , by pieter . craven @ syngenta . com of Andries Wessels by andries . wessels @ syngenta . com .
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021 15