Senwes Scenario September - November 2021 | Page 15

NUUS self ontwikkel word , rugsteun hierdie bedrywighede .
As dit kom by strategie , meen Matthee dat drie konsepte van uiterste belang is , naamlik :
� OUTsurance is ʼn mark ontwrigter , wat daartoe bydra dat die maatskappy nie net nog ʼn versekeraar is nie .
� Besigheidsprosesse is eenvoudig en daarom is dit makliker vir kliënte om die produkte te verstaan en vind hulle die prosesse gerusstellend .
� Die maatskappe se waardes word in sy dienslewering weerspieël . Besigheidslesse wat Matthee met die lewe van die Senwes bestuursgroep gedeel het , sluit in :
� Die waarde van kultuur in ʼn besigheid kan nie onderskat word nie . Hy reken dat kultuur die spreekwoordelike goue draad is wat dwarsdeur alle besigheidsaspekte loop .
� Besighede moet na hul sterkpunte speel en nie swig onder die druk om drasties te
diversifiseer nie .
� As iets nie werk nie , laat vaar dit . Fokus jou hulpbronne op dit waarmee jy vertroud is en wat goeie resultate lewer .
� Eienaarskap is belangrik , veral van senior bestuur .
� Toerekeningsvatbaarheid is die ruggraat van enige maatskappy .
� Doen elke dag méér . In terme van tegnologie en digitalisering meen Matthee dat dit nooit ʼn een of die ander oorweging sal wees nie , maar dat tegnologie eerder as deel van ʼn gekombineerde besigheidsbenadering ingespan moet word .
In die geval van OUTsurance word prys en dienslewering grotendeels digitaal gedryf , maar vertroue en gemoedsrus word bevorder deur menslike interaksie .
* Besoek www . senwes . co . za vir meer inligting oor die gesprekreeks . Gesprekke is reeds met Michael Cathie ( Nando ’ s SA ), André de Ruyter ( Eskom ) en Coen Jonker ( TymeBank ) gevoer .
SENWES SCENARIO | WINTER 2021 13