Senwes Scenario September - November 2021 | Page 14

NUUS

SENWES EN BEDRYFSLEIER OUTSURANCE

GESELS STRATEGIE

Versekering kan ʼn taai tameletjie wees , en dit is nie ongewoon om iemand te hoor sê dat hy ( of sy ) óf nie in versekering glo nie óf nie die nut daarvan sien nie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die feit van die saak is egter dat die lewe baie onvoorspelbaar is , en dat die enigste ding waarvan jy regtig seker kan wees , onsekerheid is . Hierdie besef is ook ʼn realiteit in die besigheidswêreld . Die enigste manier om hierdie onsekerheid aan te spreek is , volgens Francois Strydom – Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes , is om strategies fiks te wees . Om dié rede het die bestuursgroep van Senwes ʼn tyd gelede besluit om gereelde gespreksessies met verskeie Suid-Afrikaanse besigheidslui te voer , om nie net verhoudinge op te bou en te versterk nie , maar ook om ʼn vinger op die plaaslike besigheidspols te hou .

Die mees onlangse gesprek was met Danie Matthee , Hoof Uitvoerende Beampte van OUTsurance , en ja almal betrokke het – soos die OUTsurance slagspreuk sê , iets daaruit gekry !
DIE OUTSURANCE-STORIE OUTsurance is in 1998 in die lewe geroep deur Willem Roos , René Otto en Howard Aron en na 23 jaar in die versekeringsbedryf word dié besigheid steeds as ʼn pionier in die finansiëledienstesektor beskou .
Vandag is die maatskappy se groen en pers korporatiewe kleure alombekend en almal , selfs diegene wat nie by OUTsurance verseker is nie , weet van die OUTbonus kontantterugbetalingskema en die verkeersmanne ( en -vroue) wat verkeer in besige areas reguleer .
Wat baie mense egter nie weet nie , is dat die maatskappy ook ʼn internasionale voetspoor in Australië en Nieu-Seeland geniet . Die maatskappy bied voorts ʼn reeks omvattende versekeringsprodukte , wat motorversekering , huisinhoudversekering , geboueversekering , besigheidsversekering en selfs troeteldierversekering insluit .
BESIGHEIDSLESSE
Matthee verduidelik dat die maatskappy se besigheidsfilosofie daarop geskoei is om anders na besigheid te kyk . Prakties beteken dit dat die maatskappy besigheid doen deur die middelman uit te sluit , gesofistikeerde onderskrywingstelsels te ontwikkel en die kliëntervaring te verbeter .
Sterk stelsels , wat deur die maatskappy
12
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021