Senwes Scenario September - November 2021 | Page 8

NUUS

INSPEKSIES

Malan Joubert Tegniese Adviseur
Wat moet u as klant doen om gemoedsrus te kry vir diè plantseisoen ? Kontak u naaste Senwes Equipment Werkswinkel vir die oplossing - vandag nog .
• Senwes Equipment het weer dié beste inspeksieprogramme vir u as produsent beskikbaar gestel - nie net op die planter en uitmeetmeganisme nie , maar ook vir u John Deere trekkers , spuite en ‘ n na-seisoeninspeksie vir u John Deere stropers .
• U naaste Senwes Equipment werkswinkel kan help met die kalibrasie van u John Deere planter se uitmeetmeganismes ( skakel u naaste werkswinkel vir meer inligting in die verband ).
• Sodoende kan u die gemoedsrus kry wat ' n deeglike ondersoek en diagnose op u toerusting , sal bring .
• Ons gebruik slegs gekwalifiseerde John Deere tegnici om die inspeksies te doen .
• U is verseker van die totale toestand van u heelwerktuig en sal weet van enige probleme wat dalk nie ooglopend is nie . ( Oliemonsters word getrek en weggestuur ).
• Die inspeksies word teen ‘ n laer as normale uurtarief vir u gedoen .
• Daar word op alle werk wat uit die inspeksie mag voortvloei , gekwoteer .
• Saam met ons inspeksieprogram ontvang u ook ' n addisionele korting vanaf die Onderdeleafdeling , afhangend van die onderdele wat benodig word .
Senwes Equipment wens elke klant ' n besondere suksesvolle plantseisoen toe .
Sakel asb u naaste Senwes Equipment werkswinkel vir al die meganiese oplossings vir die seisoen wat voorlê .
6
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021