Senwes Scenario September - November 2021 | Page 42

NUUS

KLEINHANDELVERKOPE VAN LANDBOUMASJINERIE NEEM VERDER TOE

Trekkerverkope van 633 eenhede is gedurende Junie vanjaar aangeteken .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dié verkoopsyfer is byna 43 % meer as die 444 eenhede wat verlede Junie verkoop is . Vir die jaar tot datum is trekkerverkope nou 27 % meer as gedurende 2020 .

In Junie is 30 stropers verkoop , 13 eenhede meer as die 17 eenhede wat gedurende verlede jaar hierdie tyd verkoop is . Vir die jaar tot datum is stroperverkope nou byna 32 % meer as verlede jaar .
Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie bly die optimisme in die landboubedryf hoog , veral gegewe die gunstige vooruitsigte van beide somer- en wintergewasse . Produsente is voorts ook reeds besig om voor te berei vir die komende plantseisoen .
Die hoë verkoopsvlakke van landboumasjinerie dui voorts daarop dat boere die geleentheid benut om toerusting te vervang . Hierdie tendens sal volgens die assosiasie oor die kort termyn volgehou word . Huidige beramings dui daarop dat trekkerverkope vir die 2021-kalenderjaar tussen 15 en 20 % meer sal wees as wat die geval in 2020 was .
40
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021