Senwes Scenario September - November 2021 | Page 40

NUUS

OPGEKNAPTE

JOHN DEERE 9R-REEKS GEE DIE PAS AAN

Die nuutopgeknapte John Deere 9R-reeks word alom bestempel as dié vervaardigingsreus se grootste , sterkste en mees tegnologies gevorderde trekker nog , en gee nou ook die pas aan in Afrika .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dié trekker stel produsente in staat om meer grond in minder tyd met groter akkuraatheid en doeltreffendheid te bewerk ten einde bedryfskoste te verlaag .

WERKSVERRIGTING VAN DIE 9R-REEKS
Die opgeknapte 9R-reeks is toegerus met al die oorspronklike 9R-spesifikasies , en is die enigste trekkerreeks op die mark wat ʼn gewone wiel- ( 9R ), twee rusperband- ( 9RT ) én vier rusperband- ( 9RX ) konfigurasiemoontlikhede bied .
Die John Deere PowerTech™ 13,6 l-enjin maak van dié trekker ʼn werk-os sonder weerga met verbeterde werksverrigting , betroubaarheid , optimale brandstofdoeltreffendheid en robuustheid . Hiermee saam bied dié enjin 13,5 % meer krag as die 13,5 l-enjin , 50 % minder geraas , ʼn 27 % verbetering in herstelbaarheid en ʼn 13 % vermindering in onderhoudskoste .
38
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2021