Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 7

NUUS

SAMESMELTING verseker wyer voetspoor en voortgesette diensverskaffing

Die Mededingingstribunaal het op 18 Augustus 2020 goedkeuring verleen vir die Senwes en Suidwes-transaksie , met sekere voorwaardes .
“ Die kritiese element van hierdie samesmelting , wat ononderhandelbaar is , is die voortgesette diensverskaffing aan en betrokkenheid by aandeelhouers en produsente in ' n groter gekombineerde landboubesigheid met ‘ n wyer voetspoor .”
- Francois Strydom , Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes

Dit is die mening van mnr

Francois Strydom , Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes , na die Mededingingstribunaal Senwes se samesmelting met Suidwes goedgekeur het .
Annette Willemse Senwes Journalist
Op sy beurt het Dr Herman van Schalkwyk , Hoof Uitvoerende Beampte van Suidwes , gesê dat die maatskappy opgewonde en baie entoesiasties is oor die toekomstige vooruitsigte wat hierdie transaksie met Senwes sal ontsluit . Dit sluit ondermeer in ‘ n nuwe waardetoevoegende waardeproposie .
Die Mededingingstribunaal het op 18 Augustus 2020 Senwes se samesmelting met Suidwes goedgekeur , onderhewig aan sekere voorwaardes . Dit sluit onder meer in dat die twee partye sekere graansilo ’ s verkoop en drie jaar lank jaarliks produksielenings van R20 miljoen aan swart
opkomende boere verskaf .
AANLOOP TOT DIE SAMESMELTING
‘ n Gesamentlike aankondiging in Februarie vanjaar het die twee agri-maatskappy se voorneme om saam te smelt bekend gemaak , en die Mededingingskommissie , wie se werk dit is om groot samesmeltings te ondersoek en ‘ n aanbeveling aan die Mededingingstribunaal te doen , het aanvanklik aanbeveel dat die samesmelting voortgaan .
Kort daarna is die aanbeveling egter verander na ‘ n algehele verbod op die samesmelting . Die Mededingingskommissie het aangevoer dat die transaksie mededinging aansienlik sou verminder of selfs verhoed . Volgens die kommissie sou ‘ n monopolie in twee van drie geïdentifiseerde geografiese markte in Noordwes geskep word waar die partye se silo ’ s naby mekaar is , wat graanopberging betref . Daar is voorts beweer dat die samesmelting waarskynlik tot ‘ n verhoging in die opbergings- en hanteringskoste by silo ’ s van ‘ n gesamentlike maatskappy sou lei .
Beide die partye het hierdie aanbevelings geopponeer aangesien daar net nie enige grondige redes daarvoor bestaan nie . Die kommissie se beweringe oor moontlike beperking van / of nadeel vir mededinging is ten strengste verwerp . Om die perseptuele kommer aan te spreek is sekere voorwaardes tog aan die Tribunaal voorgestel wat die voorwaardes uiteindelik so gelas het vier voorwaardes is gestel wat onder andere behels .
VERKOOPSVOORWAARDE
Dat Senwes en Suidwes sekere silo ’ s en besighede in die sogenaamde oorvleuelende gebiede aan ‘ n toepaslike derde party koper binne ‘ n spesifieke voorgeskrewe tyd verkoop . Hierdie gebiede sluit in : Jan Kempdorp ( Senwes ), Strydpoort ( Suidwes ) en Wolmaransstad en die Africum meule ( Suidwes ). Die proses sal op kommersiële voorwaardes geskied , onder die toesig van ‘ n onafhanklike trustee .
PRYS VOORWAARDE
Die verskille in die onderskeie hantering en silotariewe van Senwes en Suidwes moet vir ‘ n tydperk van vyf jaar gehandhaaf word , tensy belegging in tegnologie en verhoogde effektiwiteit van die silo ’ s wel ‘ n verandering in die tariefstruktuur regverdig .
VOORWAARDES IN PUBLIEKE BELANG
Senwes sal produksielenings van R20 miljoen per jaar aan opkomende boere verskaf , ooreenkomstig die Senwes kredietbeleid en gesonde kredietverlengingspraktyke , vir ‘ n periode van drie jaar .
Voorts het Senwes onderneem om te poog dat soveel as moontlik werknemers van Suidwes in diens gehou sal kan word vir ten minste ‘ n periode van twee jaar . Enige afleggings as gevolg van die samesmeltings is onderworpe aan beperkings . Vir meer inligting besoek www . senwes co . za .
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 5