Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 54

Kos vir die siel
RUBRIEK | COLUMN IN THE KITCHEN | IN DIE KOMBUIS

Kos vir die siel

God is in jou híér :

elke oomblik van elke gewone dag . En Hy roep ons . Soms hard en duidelik . Soms net ’ n verbygaande sagte fluistering
Milanie Vosloo

Ginger Lemon

Wellness Shots

Onlangs word Leonard Cohen in postuum met ’ n Grammy-toekenning vir ’ n album vereer waarop onder andere die liedjie , “ You want it Darker ”, verskyn . In die liedjie sing hy op die agtergrond : “ Hineni , Hineni ” – die Hebreeus vir “ Ek is hier ”, waarop Leonard antwoord : “ I ’ m ready my Lord .”

Het jy al daarvan bewus geword dat die Gees , wat op ’ n onver- klaarbare manier iets in jou hart lê , ’ n wysheid aan jou bekend maak , leiding gee daar waar jy antwoorde gesoek het ? Of word jy elke nou en dan opnuut verras deur die skoonheid van ’ n sonsopkoms of -ondergang , die verrassende manier hoe saad eenvoudig uitspruit en groei , hoe ’ n koei met moederlike instink
na haar kalf omsien ... die maniere hoe daar vir jou en jou gesin gesorg word ? Dis God se manier om aan jou te sê : Ek is hier . Hier waar jy elke dag met jou gewone dagtaak voortgaan , agter jou lessenaar sit en stoei , saam met jou huismense aan tafel sit , daar ís Ek .
God bly in die hiér van elke gelowige . Dink maar : Moses loop niksvermoedend na ’ n brandende bos : ’ n Plek waar God vir hom sê : “ Moses , ek is hier .” Samuel hoor ’ n vreemde stem in die nag , maar besef later dis God self wat hom op sy naam roep . Dis toe wat hy antwoord : “ Praat Here , u dienaar luister .” Saul is op die oorlogspad teen die Christene totdat God vierkantig voor hom verskyn en sê : “ Saul , dis Ek wat hier is .”
Wanneer ons harte bewustelik ingestel is om God raak te sien , is dit asof gewone dinge ánders begin lyk , die alledaagse klanke van voëls se getjirp hul eie simfonie vorm , jou oggendkoffie na dankbaarheid ruik , jou hande in die van jou geliefdes , léwe voel . Mag jy met ’ n hart leef wat sê : “ Ek is gereed vir U , Here .”
Here , help my om U raak te hoor , te sien ... raak te lééf in die gewone sleurgang van die lewe . Ja , hier is ek , Here .
Wen met Senwes en Cum Uitgewers
Simfonie van seën is in Januarie 2020 uitgereik en is teen R199 op die rakke . Een gelukkige leser kan ’ n kopie wen van Simfonie van seën , dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik . SMS Senwes , Cum , jou naam , telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 30 October 2020 .
Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie . Vir die volledige kompe tisiereëls , besoek die webtuiste www . senwes . co . za .
� Nicole Mclaughlin www . myrecipes . com / recipe / ginger-lemon-wellness-shots
These wellness shots are sour in the best way : There ' s tartness from the lemon juice and the ginger , and cayenne adds a pleasant , subtle warmth . Meanwhile , the honey balances out all that acidity and coats your throat .
You only need five ingredients - lemon , water , honey , cayenne pepper and ginger - for this quick home remedy that is full of antioxidants , anti-inflammatories and vitamin C .
Prep Time : 10 Mins
INGREDIENTS : 3 lemons , peeled , 1 / 2 cup water plus more when serving 1 / 3 cup chopped fresh ginger , 2 tablespoons honey , 1 / 4 teaspoon cayenne pepper
HOW TO MAKE IT :
Process lemons , water and ginger in a blender on high until well blended and frothy - about 2 minutes .
Pour mixture through a mesh strainer into a clean jar or container , discard solids .
Stir in honey and cayenne .
To serve , stir 1 oz . ginger-lemon shot with 1 oz . water and shoot !
52
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020