Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 48

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

Die katoensektor :

' n magdom uitdagings , ' n wêreld vol geleenthede

Cobus de Bruyn Nedbank se Landbouafdelingsbestuurder vir die Noorde

Dis nou agt maande vandat

Covid-19 begin het en is ons deeglik bewus van die verwoestende impak wat die pandemie op die wêreldekonomie en miljoene lewens het . Maar wat ons nog nie weet nie , is watter impak die pandemie en gepaardgaande grendelstaat op baie sektore gehad het , en moontlik vir nog jare kan hê .
Een van dié sektore is katoen , wat nog tot Maart 2020 as ' n suksesverhaal in die Suid-Afrikaanse landbou beskou is . Die Volhoubare Katoengroep , of Sustainable Cotton Cluster , wat in Junie 2014 gestig is , is aanvanklik deur ' n toekenning van R200 miljoen van die Departement van Handel en Nywerheid ( DHN ) gefinansier . Die katoengroep versamel die hele waardeketting onder een sambreel : boere , pluismeule , garingvervaardigers , wewers en breiers , kleurders , vervaardigingsaanlegte en kleinhandelaars . In die ses jaar wat dit aan die gang is , het kantoenproduksie en -verwerking met 800 % toegeneem en is byna 50 000 werksgeleenthede in die kantoensektor geskep of in stand gehou .
UITDAGINGS Toe kom die grendelstaat . Oeste en verwerking kon voortgaan , maar die uitvoer van katoen is opgeskort , wat die eerste terugslag vir die sektor was . Sedertdien is uitvoerbeperkings opgehef , maar die wêreldwye vraag na katoen neem af en wêreldpryse tuimel . Met ongeveer 80 % van plaaslik vervaardigde katoen wat uitgevoer word , het dit verreikende gevolge vir die sektor .
Terselfdertyd veroorsaak finansiële druk nog spanning vir kleinhandelaars . Een van die hoofdoelstellings van die kantoengroep is om die verbruik van katoen deur plaaslike kleinhandelaars te verhoog , met die doel om teen 2030 die plaaslike verkryging van die voor-Covid gemiddelde van 45 % tot 63 % te verhoog . Edcon , die Mr Pricegroep en Woolworths het hulle daartoe verbind om bestellings aansienlik te verhoog . Van dié kleinhandelaars is Edcon die grootste , met ' n jaarlikse bestelling van 2 200 ton plaaslik vervaardigde katoenpluis . Met dié dat Edcon in Junie in sakeredding geplaas is , is groot bestellings gekanselleer . Gelukkig is die aanbod van die Foschini-groep en Retailability vir 450 Edgars- en Jet-winkels aanvaar , maar bestellings sal nou met die nuwe eienaars onderhandel moet word , met geen waarborg dat hulle sal voortgaan of dieselfde volume sal behou nie .
Jare gelede was daar 23 spinners in Suid-Afrika . Weens goedkoop invoere het die meeste spinners egter gesluit en in Suid-Afrika word katoen nou gepluis en dan uitgevoer om gespin en geweef te word . Dit beteken dat ons nie die kapasiteit het om materiaal en klere plaaslik te maak nie . Die gevolg hiervan is dat katoen langer neem om deur die waardeketting te beweeg . Boere moet langer wag vir hulle geld en die uitvoermark bepaal direk die pryse . Hoewel ons huidige wisselkoers die uitvoer van katoen bevoordeel , is daar kommer dat die kantoengroep nie voldoende funksioneer nie . Kleinhandelaars word dus gedwing om meer in te voer , wat die plaaslike sektor benadeel . Boonop het die Covid-19-grendelstaat se uitvoerbeperkings veseluitvoer geraak , wat internasionale kontrakte in gevaar kan stel weens die afname in wêreldwye ekonomiese aktiwiteite en groei – ' n verdere terugslag vir die sektor .
WAT IS OP DIE SPEL ? Volgens Katoen SA is die potensiaal van die katoenwaardeketting groot : As Suid-Afrika sy plaaslike verdeling van katoen kan verhoog tot ' n vlak waar dit die invoer van vier basiese kleinhandelitems – T-hemde , handdoeke , chino ' s en onderklere – met 50 % kan vervang , kan dit meer as 75 000 werksgeleenthede in die bedryf skep en bykans R10 miljard in die ekonomie inspuit . Katoen word in van Suid-Afrika se armste provinsies gekweek – Limpopo , die Noord-Kaap , Noordwes , Kwazulu-Natal en Mpumalanga . Die ondersteuning en groei van die sektor het dus sin vanuit ' n werkskeppings- en armoedebekampingsperspektief , veral inaggenome dat kleinboere met die hand oes . Namate die druk op die watervoorraad toeneem ,
46
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020