Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 37

LANDBOUKUNDIG
32 | VOERINNAME IN DIE VOERKRAAL
die rumenwand . Hierdie reseptore speel ook groot rol in die beweging van die rumenwand om voer te men gen om herkou te stimuleer .
Daar is ook chemoreseptore in die epiteel ( wand ) van die rumen wat op die stimulus van chemise bestanddele soos bottersuur en asynsuur as verteringseindprodukte , reageer . Hierdie reaksie is ongeag
die suurheid ( pH ) van die rumeninhoud . Herkouer moet die tempo van vlugtige vetsuurabsorbsie uit die rumen met die benutting van hierdie sure in die liggaam koordineer . Die faktore wat gewoonlik voerinname verlaag word met ‘ n toename in asetaat ( asynsuur ) beskikbaarheid of produksie relatief tot ander voedingstowwe ( bv . lae N , hoë veseldieet ) of ‘ n afname in asetaatbenutting in die liggaam relatief tot ander voedingstowwe ( bv . hittespanning ) geassosieer .
Die stimulus van die rumenwand word ook deur die osmolariteit van die rumenvloeistof veroorsaak . daar is ‘ n direkte verwantskap tussen hoër osmolariteit en laer voerinname wat deur natrium chloride ( veesout ) veroorsaak word . Hierdie invloed kan geneutraliseer word as die dier toegang tot vars water het om hierdie osmolariteit te verlaag . Dit is waarom veesout in voere so effektief gebruik kan word om die inname van lekke vir herkouers te beheer . Die rumenwand het ook temperatuurreseptore wat die temperatuur van die rumeninhoud kan waarneem . Die inname van water wat die rumeninhoud met 2 ° C
laat styg veroorsaak ‘ n daling van tot 10 % in die vrywillige voerinname van herkouers .
AFSLUITING Die voerkraalstelsel is primêr ontwerp om die voedingstofvoorsiening vir die dier te kontroleer en te bestuur . Vir hierdie rede is ‘ n volledig gemengde voer ( TMR ) wat homogeen gemeng word en voedingstofgewys gebalanseer is , deur die verloop van elke dag ononderhandelbaar om die maksimum groei en sukses in ‘ n voerkraalonderneming te bereik . Voldoende voer moet daaglik beskikbaar gestel word om aan die voedingsbehoefte van die dier te voldoen . Daar is vele redes wat die vrywillige inname van hierdie voer beheer en bepaal . Die enkel belangrikste fokus van voerkraalbestuur is om vrywillige inname te stimuleer en om enige rede wat hierdie inname kan inhibeer , te verhoed . Vir hierdie rede moet die ontwerp en gebruik van fasiliteite , die keuse en gesondheidsprogram van diere asook die formulasie , prosessering en beskikbaarstelling van voer op die maksimum vrywillige voerinname van diere in ‘ n voerkraal fokus .
NEW IMPROVED FORMULATION

BEEF FAT 33 +

YOUR CATTLE AND YOUR PROFIT GROW TOGETHER !
With Molatek ’ s expertly formulated protein concentrate , Beef Fat 33 +, it ’ s not only your beef cattle that will be showing off their bulging muscles and increased mass ... your pocket will be bulging with extra profit as well . uppe marketing A27421
• Economical beef cattle finishing with the lowest cost per kg mass increase .
• Includes a growth enhancer which stimulates feed conversion and growth rates .
• Uses high-quality natural protein which is balanced according to the amino acid profile needed for optimal carcass growth .
• Counteracts feeding disorders and coccidiosis .
• Ensures maximum profit .
• Suitable to finish off bulls and show cattle .
For more information about Molatek ’ s specific feeds and services , contact : RCL FOODS : www . rclfoods . com MOLATEK : + 27 ( 0 ) 13 791-1036 | www . molatek . co . za | molatek @ rclfoods . com Beef Fat 33 + ( V17357 ) ( Act 36 of 1947 )
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 35