Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 33

LANDBOUKUNDIG
male invloed op vrywillige voerinname by diere . Die akute blootstelling aan hitte het ‘ n betekenisvol groter negatiewe invloed as kroniese blootstelling op voerinname . ‘ n Langdurige blootstelling gee aanleiding tot ‘ n aanpassing by die klimaat . Een manier waardeur diere by hitte aanpas is om gedurende die nag , wanneer dit koeler is , te vreet . Die normale vreetgedrag van beeste hou met die fotoperiode of dagliglengte verband deur ‘ n groter inname en meer kere geduende die dag te vreet . Dit kan wel aangepas word deur eerder in die koeler tyd van dag as bycoorbeeld die warm middagperiode te vreet . Tipies spandeer beeste 75 % van vreettyd tussen 06h00 en 18h00 van die dag . Deur die beskikbare lig te verleng gaan gepaard met ‘ n verhoogde DM-inname wat verklaar word dat beeste verkieslik vreet as die voer gesien kan word . ‘ n Laer voerinname , met gepaardgaande swakker groei , van tussen 5 en 8 % word tipies gedurende die wintermaande ook in Suid Afrika ondervind . Onder die kritiese omgewingstemperatuur verhoog die energiebehoefte van beeste en sal voerinname ook dienooreenkomstig verhoog . Onder baie koue omstandighede , veral as dit met wind en reën gepaardgaan , soek beeste skuiling of bly in die gemaklikste posisie lê , wat meebring dat normale vreetgedrag en voerinname verminder .
VREETGEDRAG Die vreetgedrag van beeste in die voerkraal hang grootliks van die verhouding van doiere tot vreetspasie af . Met genoeg vreetspasie sal al die diere gelyk eet , veral as die voer vars beskikbaar is . Met onvoldoende spasie vir almal gelyk , soos voerkraal normal ontwerp is , sal onderlinge skedulering plaasvind waar dominante diere eerste en na behoefte sal vreet . Beeste is geneig om voer wat natter is met groter porsies en vinniger te vreet as dieselfde voer wat in ‘ n droër vorm is . ‘ n Hoër voerinname word ook met vars voer geassosieër . Diere wat slegs van voerbakke afhanklik is vreet tipies sowat 120 minute per 24 uur periode met minder tyd gedurende die nag , veral dominante diere wat na willekeur kan vreet .
32
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 31