Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 32

LANDBOUKUNDIG

VOERINNAME IN DIE VOERKRAAL

Dr Kobus Swart Dierevoedingskundige
DIE KRITIESE FAKTOR VIR BEESPRO- DUKSIE Die primêre doel van ‘ n voerkraal is om voer , die bron van voedingstowwe , na ‘ n hoëwaarde eindproduk , kar-kas , om te sit . Die biologiese produktiwiteit van hierdie proses word deur lewendemassagroei oor ‘ n periode en die voeromsettingsverhouding van voer na karkas gemeet . Hierdie produktiwiteit word grootliks deur die bestuur van vrywillige voerinname bepaal . Hoe meer voedingstowwe in die regte verhouding tot die dier se beskikking is , hoe beter sal die dier volgens genetiese potensiaal groei . Voer maak 80 tot 90 % van die lopende koste uit en is dus bepalend vir ‘ n voerkraalonderneming se winsgewendheid . Dit is belangrik wat en hoeveel diere in ‘ n voerkaal vreet .
DROËMATERIAAL EN SOOS GEVOER (‘ AS FED ’) VOER Dit is nodig om voerkraal voeding op ‘ n droëmateriaalbasis ( DM ) te verstaan . Alle bestanddele van ‘ n voer word op ‘ n ‘ soos gevoer ’ ( SG ) basis gemeng en gevoer wat beteken dit bevat vog wat aansienlik kan varieer . Die geweegde gemiddelde voginhoud van elke individuele bestanddeel sal die gemiddelde voginhoud van die finale voer bepaal . Diere neem voer in volgens hul voedingsbehoefte , geag die onstandighede wat heers , wat deur die DM verskaf word . Die voginhoud maak slegs ‘ n bydrae tot waterbehoefte van die dier . Alhoewel teoreties , word beide die voorspelling van vrywillige DM-inname sowel as die formulasie en balans vasn indiwiduele voeding-stowwe in die voer op ‘ n droëmateriaalbasis gedoen .
WATERINNAME Water is die belangrikste voedingstof as die voedingstof wat siekte en dood die vinnigste sal veroorsaak , in aanmerking geneem word . Water is nodig om die voerin die bek en maag as medium vir verteringsreaksies , nat te maak . Dit is die grootste komponent van die liggaam ( 50 tot 60 %), word as medium die die uitskeiding van oplosbare material in die urine en sweet gebruik . Dus word water se behoefte deur die voersamestelling en die omgewingstemperatuur bepaal . Bo 0 ° C is daar ‘ n positiewe verwantskap tussen omgewingstemperatuur en waterinname van diere . Hoe groter die DM-inname hoe groter hoe groter is die urine uitskeiding en waterbehoefte . Verder word meer biologiese hitte geproduseer met ‘ n hoër DM-inname wat tot ‘ n groter hitteverlies deur sweetverdamping end us waterbehoefte aanleiding gee . Die waterbehoefte van diere is gewoonlik tussen 2 en 3 keer die DM-inname geag die heersende omgewingstemperatuur .
Waterinname word deur die hipotalamus van die brein beheer deur primer op die ionisiteit van die breinvloeistof as die belangrikste stimulus te reageer . Diere toon ‘ n behoefte aan water wat met direk met die liggaam se behoefte aan ‘ n waterbalans of homeostase ooreenstem . Die volume water wat ‘ n voerkraalbees benodig kan deels deur die waterinhoud van die voer bevredig word . As gevolg van die relatiewe groot stoorkapasiteit van die herkouer se rumen (± 25 % van liggaamsmassa ), kan beeste ander as enkelmaagdiere , ‘ n groot hoeveelheid DM inneem en daarna die nodige hoeveelheid water inneem . Die rumen is gewoonlik vol ‘ digesta ’ met ‘ n lae DM-inhoud van ± 120g / kg . Vars en koel water behoort altyd vir diere in die voerkraal beskikbaar te wees .
OMGEWINGSTEMPERATURE EN -OMSTANDIGHEDE Temperatuur tussen -16 en 8 ° C veroorsaak die minimum spanning en het dus mini-
30
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020