Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 31

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

Belê in implemente wat voorbereiding vergemaklik én uitsette verhoog

/ Amazone : keuse vir grondvoorbereiding

Grondvoorbereiding is ‘ n belangrike stap in die plantproses . Met die gebruik van gehalte produkte , word hierdie stap baie vergemaklik . In dié artikel kyk Senwes Scenario na die grondbewerkingsapparate van Amazone , wat in Suid-Afrika deur Falcon , ‘ n filiaal van Senwes Equipment , versprei word .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die behoorlike voorbereiding

van lande vir planttyd word in vandag se tyd van hoë insetkoste en lae kommoditeitspryse al hoe belangriker . Ten einde effektiewe besluite te neem , is dit belangrik dat produsente op hoogte bly van die nuutste tegnologie en grondbewerkingstoerusting om die potensiaal van sy opbrengste te verwesenlik . Afhangend van die tekstuur en topografie , is grondvoorbereiding voorts die hardste werk vir ‘ n produsent en die verkeerde implement kan die risiko van erosie of ‘ n misoes verhoog .
Die grontbewerkingsimplemente uit dié Duitse-stal verteenwoordig ‘ n ware kragvertoning van innovasie en tegnologie , en beloof om die proses van grondvoorbereiding aansienlik te vergemaklik .
AMAZONE CATROS +: Hierdie kompakte skotteleg met gehapte skottels is ideaal vir vinnige , vlak en intensiewe stoppelmengwerk en die voorbereiding van die saadbed , veral as ‘ n eerste bewerking na stroping . Dié implement word hoofsaaklik gebruik om mieliereste en graanstoppels te verwerk , om grasvelde of onbewerkte lande te bewerk en om organiese deklaag met die grond te meng . Dit is beskikbaar in werkswydtes van 2.5 tot 12 meter en kan tussen 50 en 150 mm diep werk .
AMAZONE CENIUS-2TX & CEUS-2TX Die deklaagbewerkingsreek sluit die Amazone Cenius-2TX en die Ceus-2TX beitelploeë in en spog met ‘ n innoverende kombinasie van skare en tande . Die Cenius-2TX kan gebruik word vir vlak stoppelbewerkings asook die diep losmaking van bogrond . Dit is beskikbaar in ‘ n werkswydte van 4 tot 8 meter en kan in dieptes tussen 80 en 300 mm werk .
Die Ceus-2TX is op sy beurt geskik vir stoppelbewerking sowel as primêre grondbewerking , diepliggende gronddeurlugting en saadbedvoorbereiding en is ideal vir plase met baie organiese materiaal . Dit is beskikbaar in ‘ n werkswydte van 4 tot 7 meter en werk in dieptes tussen 80 en 300 mm .
AMAZONE GREENDRILL Die Amazone GreenDrill is ' n fynsaadkas wat in kombinasie met byna al die Amazone-grondbewerkingsimplemente gebruik kan word vir die saai van dekgewasse direk in stoppels . Die implement word ook gebruik vir die hersaai van weiding . Jy kan kies tussen ‘ n 200 l of ‘ n 500 l opsie .
Amazone kan aan ‘ n groot verskeidenheid spesifikasies voldoen en beskik oor opsionele ekstras wat ‘ n nommerpas oplossing vir elke produsent kan bied .
Kontak gerus jou naaste Senwes Equipment heelwerktuigbemarker , gemagtigde Falcon-handelaar of produkspesialis . Besoek www . falconequipment . co . za vir meer inligting .
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 29