Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 27

NUUS

"

KLK Handel is in baie gevalle die oase vir ons produsente in ‘ n harde wêreld . Dit is hier waar klante nog vriende is .

"

NLO ( Nasionale Lusern Organisasie ) gestuur vir sertifisering en daarna versprei na die besproeiingsgebiede . Calvinia se silo het ‘ n bergingskapasiteit van 6 000 ton en is vanaf 1957 gebruik om koring wat langs die Sakrivier verbou is , te berg . Daar is oorgeskakel na lusernverbouing in die area nadat treine van die noorde na Calvinia gestaak is en padvervoer oor die afstand net te duur geword het .
KLK raak in 2007 direk betrokke by die groeiende boubedryf , deur met Build It , een van die voorste verskaffers van boumateriaal in die land , saam te span . Op 21 Junie 2007 open KLK sy eerste Build It-winkel op Kathu . Daarna het Upington en
Kuruman gevolg en op 24 Julie 2009 open KLK sy vierde Build It op Postmasburg . In 2018 word Postmasburg Build It opgradeer saam met KLK Handel en die rybaan . Tydens die projek is die vloeroppervlak van Postmasburg Build It verdubbel .
3 April 2020 beplan KLK die opening van Build It in Calvinia as deel van die handelstak – ‘ n eerste in Suid-Afrika waar Build It as gedeelde handelsmerk - gebou word en ' n perseel deel met ‘ n ander besigheid . Die opening is uitgestel nadat Suid-Afrika op 27 Maart 2020 in ' n nasionale grendeltydperk geplaas is weens die internasionale Covid-19 pandemie . Die amptelike opening het op 24 Julie 2020 plaasgevind
NOORD-KAAP
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 25