Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 26

NUUS

KLK Landbou Beperk

Jou vennoot . Betroubaar . Innoverend

Vivien Viviers Hoofbestuurder Bedryf ( KLK )
KLK HANDEL KLK se 19 handelstakke en vier en ‘ n halwe Build It-takke strek oor die grootste gedeelte van die Noord-Kaap . Dorpies soos Vanzylsrus en Nieuwoudtville is 860 km uitmekaar en Pofadder en Danielskuil , 480 km uitmekaar . Upington is redelik sentraal , op die oewer van die Oranjerivier . Die Oranjerivier is die langste rivier in Suid-Afrika en behalwe vir
Upington , vloei die Oranjerivier deur geen ander groot dorp of stad in Suid-Afrika nie .
Hier word oorwegend met skaap en bees geboer tot op Upington en hoe verder ons van Upington na die Karoo afbeweeg , word daar hoofsaaklik met skaap geboer . Wild , jag en toerisme maak ‘ n groot deel van die Noord-Kaap se ekonomie uit . Die twee droë dele , naamlik die Kalahari en Karoo , waar ons van kleins af leer bid vir reën , word gedeel deur die Oranjerivier .
By KLK se vier “ riviertakke ” naamlik Groblershoop , Upington , Keimoes en Kakamas , maak besproeiing ' n belangrike deel van boerdery uit . Wingerd word verbou vir tafeldruiwe , rosyne en wyn . Lusern en pekanneute word ook hier verbou .
Met die samesmelting van WKK en KLK in 2005 , is Brandvlei , Calvinia en Nieuwoudtville by die KLK handelstakke gevoeg . In hierdie deel van ons land is daar vroeër , in redelike reënjare , koring en lusern verbou . SA Standaard Lusernsaad word op Calvinia skoongemaak en aan
24
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020