Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 25

Voedingskedulering belyn met plantontwikkeling .
LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE
HOE LYK DIE SOMERSEISOEN VAN 2020 / 21 ?
Alhoewel daar dikwels maar min voorspelbaarheid is in terme van seisoenale reënval as gevolg van ‘ n legio van faktore wat reënval bepaal , is daar tog in sekere seisoene sterker seine wat as rigtinggewer kan dien . Sterk ontwikkelde El Nino- of La Nina-verskynsels gee dikwels beter voorspelbaarheid as in jare waar die ENSO ( El Nino Suidelike Ossilasie ) meer neig na neutrale toestande of swak ontwikkelde verskynsels . Die ander bepalende faktor is die stand van see-oppervlaktemperature in die Indiese Oseaan . Warmer water nader aan die Afrika-kuslyn veroorsaak dikwels tropiese siklone en sterk laagdrukstelsels wat reënval oor die binneland van die sub-kontinent negatief beïnvloed .
Sedert die begin van 2020 was daar ‘ n redelike verandering in die stand van die ENSO en het dit geleidelik begin oorgaan vanaf ‘ n swak El Nino-fase na Neutrale
toestande en sedert ongeveer die begin van Augustus in ‘ n swak La Nina-fase . Die waarskynlikheid dat ‘ n El Nino-verskynsel in die 2020 / 21-seisoen gaan voorkom is omtrent zero en behoort daar La Nina- tot Neutrale toestande te heers tot ten minste die herfs van 2021 wat baie goeie nuus is . Daar het ook ‘ n verandering in die Indiese Oseaan se see-oppervlaktemperature begin voorkom en lyk dit ook redelik gunstig om nie die normale reënvalpatrone oor die Somerreënvalgebied vanjaar te versteur nie .
Die gesamentlike effek van La Ninatoestande en ‘ n neutrale tot gunstige Indiese Oseaan kan verantwoordelik wees vir gemiddelde tot bogemiddelde reënval oor bykans die hele land . Voorbeelde van jare waar beide La Nina en koeler westelike Indiese Oseaan temperature saamgeval het , was vanaf 1974 tot 1976 , 1988 / 89 en 1998 / 99 . In die laaste twee dekades was die Indiese Oseaan oor die algemeen ongunstig met net twee jare waar dit in ‘ n gunstiger fase was maar toe was die ENSO ongunstig naamlik in
2005 / 06 en 2016 / 17 . Dus is die waarskynlikheid vir bogemiddelde reën wat tot vloede kan lei vanjaar baie groter .
Voorspellings dui dat daar vanaf ongeveer Oktober 2020 redelike swaar neerslae oor die oostelike dele van die land kan begin voorkom wat in November weswaarts kan uitbrei om dan in die midtot laatsomer gemiddelde tot bogemiddelde reënval te kan veroorsaak oor veral die sentrale tot westelike dele van die land asook Namibië en Botswana .
Voedingskedulering belyn met plantontwikkeling .
Praat met ons oor hoe jy die Voedingskedulering™ in jou gewasbestuur-program kan implementeer .
011 317 2000 info @ kynoch . co . za uppe marketing A26771
Mielie OEMFF ® B16
Voedingsondersteuning gedurende stuifmeelstort , bestuiwing en bevrugting .
KynoPlus ® -mengsels Foli-Grande ® of
Foli-Plus ® Voedingsondersteuning om graanvul te verbeter .
KynoPop ® Vinnige begin en sterk saailinge .
KynoPlus ® - NPKS plantermengsel ondersteun potensiaal in die mielieplant .
BLOMSTADIUM
VROEË VEGETATIEF ,
MET PLANT
MIELIES
TOPBEMESTING
MIDDEL VEGETATIEF ,
VOOR PLANT
KynoPlus ® en KynoPlus ® -mengsel Verbeterde voeding wanneer die mielieplant dit die nodigste het .
Mielie OEMFF ® ’ n Blaarvoeding om die effektiwiteit van die mielieplant te verbeter .
KynoPlus ® Verhoog beskikbare stikstof in die grond .
PRE-PLANT
KynoPlus ® -mengsels Plaas stikstof , fosfaat en kalium in die grond .
KynoPlus ® is geregistreer as kunsmis groep 1 – Reg . No : K8024 , KynoPop ® Reg . No : K9101 , Mielie OEMFF ® Reg . No : K8702 , Foli-Plus ® Reg . No : K9397 en Foli-Grande ® Reg . No : K8045 ( Alle produkte is geregistreer onder Wet 36 van 1947 )
Met Kynoch se innoverende en pasmaakprodukte , kan jy bemesting volgens jou mielieplante se behoeftes en groeistadiums toedien . So verseker Kynoch dat jou mielieplante kry wat hulle nodig het , wanneer hul dit die nodigste het .
Verbeterde doeltreffendheid deur innovasie
Don ’ t just innovate , # KynoVate . @ KynochFertilizer www . kynoch . co . za
Farmisco ( Edms ) Bpk . h / a Kynoch Fertilizer Reg . No . 2009 / 0092541 / 07
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 23