Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 20

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

Puik opbrengste maak boere opgewonde oor sonneblom

Die afgelope seisoen se sonneblomaanplanting het baie boere in hul skik gehad met puik opbrengste wat nasionaal gerealiseer het . Ten spyte van ‘ n bogemiddelde reënval in sekere areas , asook laer hitte eenhede , was die afgelope seisoen se aanplanting gekenmerk deur baie goeie gepaardgaande graan- en olie opbrengste .

Joubert Swanepoel Agricol
Boere wat die AGSUN-sonneblomreeks plant het die afgelope seisoen ook weereens die genot van die reeks se opbrengsstabiliteit , eerstehands ervaar . Hier volg ‘ n paar suksesverhale .
OTTOSDAL Louwrens du Plessis van die plaas Rietkuil , in die Ottosdal omgewing , het die afgelope seisoen Agricol se vlagskip konvensionele kultivar AGSUN 8251 aangeplant . Soos vantevore het die kultivar se opbrengstabiliteit weereens bewys waarom hy steeds die top konvensionele kultivar op die mark is met ‘ n gemiddelde opbrengs van 2.6 ton / ha . Louwrens glo daarin om ‘ n sonneblom plantestand van tussen 45 000 en 50 000 plante per hektaar te plant en ook om sy plantdatum te versprei om siekte risiko in te perk . Hy sê : “ AGSUN 8251 het nog altyd vir my ‘ n oes gelewer . Met sy goeie opkoms realiseer ek ‘ n goeie stand en deur die loop van die seisoen val hy nie om nie wat die stroopproses ook makliker maak . Sclerotinia was ook aansienlik minder op AGSUN 8251 as op ander kultivars die afgelope seisoen ”.
REITZ Francois Steyn van die plaas Flores , in die Reitz omgewing , plant al vir ‘ n geruime tyd die AGSUN-sonneblomreeks en sê die kultivars in hierdie reeks is van die beste wat op die mark beskikbaar is wat oor ‘ n langtermyn ‘ n gemiddelde oes van 2ton / ha kan lewer . Die voordeel van die reeks is dat dit baie goed bestuif , ‘ n goeie pit-gewig het en dit aard boonop goed in verskillende grondsoorte . Francois het die afgelope seisoen AGSUN 5109CLP aangeplant en ‘ n gemiddelde opbrengs van 2.6ton / ha gerealiseer op dié kultivar . ‘ n Wenk wat Francois vir ander boere wil gee is , “ moenie kanse vat met lae bemesting op sonneblom nie . Sonneblom moet nie geplant word met die idee van ‘ n ‘ vangoes ’ nie . Sonneblom is ‘ n belangrike wisselbougewas wat ‘ n groot voordeel inhou in konvensionele en minimum bewerkingstoestande vir die daaropvolgende gewasse wat aangeplant word ”.
WOLMARANSTAD Jannes Holtzhausen van die plaas Strydpoort , in die Wolmaranstad omgewing , het die afgelope seisoen drie van Agricol se hoë-opbrengs Clearfield ® Plus sonneblombasters geplant , naamlik : AGSUN 5103CLP , AGSUN 5106CLP en AGSUN 5109CLP . Volgens Jannes kom die AGSUN-sonneblomreeks baie sterk op wat ‘ n groot pluspunt is . Die kultivars se skepelmassas is ook beter as die van opposisie basters Jannes het die afgelope seisoen ‘ n opbrengs van 2.5 ton / ha gerealiseer met sy vroeë aanplanting op hierdie kultivars en sê sonneblom kan absoluut gesien word as ‘ n primêre gewas met sulke hoë opbrengste . Die laer insetkostes en vroeë kontantvloei is ook ‘ n groot bonus vir enige boerdery .
BOTHAVILLE RJ Joubert van die plaas Skoonspruit , in die Bothaville omgewing , het die afgelope seisoen AGSUN 5106CLP geplant .
Volgens RJ het die middel Januarie aanplanting van AGSUN 5106CLP ‘ n opbrengs van 2.41 ton / ha gerealiseer , terwyl hy ook ‘ n gedeelte in Februarie aangeplant het wat ‘ n opbrengs van 1.9ton / ha geraliseer het . RJ sê Agricol se produkte is van ‘ n hoë gehalte en is billik geprys .
VENTERSDORP Kobus van den Berg van die plaas Palmietfontein , in die Ventersdorp omgewing , sê : “ Sonneblom moet definitief nie meer gesien word as die afskeepgewas wat laat in die seisoen aangeplant word wanneer die planttyd uitloop nie . Hierdie gewas kan alreeds vroeg in die stroopseisoen gestroop word tot jou finansiële voordeel . Dit is ook baie meer gehard as ander gewasse en daarom verseker dit ‘ n goeie inkomste ”. Kobus het die afgelope seisoen top opbrengste gestroop met Agricol se konvensionele én Clearfield ® Plus kultivars . Begin Desember het Kobus AGSUN 5270 en AGSUN 5106CLP aangeplant waarmee hy onderskeidelik 3.1 ton / ha en 3.2 ton / ha klaargemaak het . Hy het ook middel Januarie AGSUN 5106CLP aangeplant waarmee hy ‘ n opbrengs van 2.5ton / ha gerealiseer het . Kobus se wenk aan ander sonneblomboere is om sonneblom vroeg in die seisoen aan te plant sodra toestande dit toelaat . Volgens Kobus kry hy die beste sonneblom opbrengste wanneer dit in November aangeplant word aangesien genoegsame hitte eenhede beskikbaar is om ten volle deur die sonneblom benut te word .
Die AGSUN- sonneblomreeks en opbrengstabiliteit is sinoniem met mekaar . Hierdie sonneblomreeks se goeie siekteweerstand en staanvermoë is ‘ n moet vir enige sonneblompakket vir die komende plantseisoen . Skakel gerus jou naaste Agricol-agent vir ‘ n pakket-aanbeveling in jou area .
18
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020