Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 19

NUUS

Senwes Equipment :

Steek ‘ n stokkie voor meganiese staantyd hierdie plantseisoen

Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die plantseisoen is om die

draai en daar is nie ‘ n meer geleë tyd as juis nou om jou heelwerktuie en boerdery-implemente te diens nie . Gereelde inspeksies , soos gedoen deur die bekwame tegnici van die Senwes Equipment span , voorkom nie net groot toerustingsfoute nie , maar spaar geld én tyd op die lang duur . Senwes Equipment werkswinkels is slaggereed om jou met raad en daad by te staan teen ‘ n randwaarde wat verseker jou sak sal pas . Inspeksies behels die nagaan van jou totale heelwerktuig en ‘ n gedetailleerde kwotasie sal voorsien word vir enige herstelwerk wat gedoen moet word . Meer nog : Senwes Equipment is daartoe verbind om werkbare en innoverende oplossings te bied om planttyd se meganiese staantyd tot ‘ n minimum te beperk . Die voordele van gereelde Senwes Equipment inspeksies , sluit onder meer in :
• Seisoenale inspeksies van heelwerktuie .
• Verminderde meganiese staantyd .
• Raad en ondersteuning deur gewalifiseerde tegnici .
• Heelwerktuie word op die plaas geïnspekteer .
• Nuwe en gebruike heelwerktuie word geïnspekteer .
• Intydse onderdelevoorsiening .
• Die opstel van ‘ n proaktiewe inspeksieplan .
• Waarde vir geld .
• Verlengde waarde van heelwerktuie . Behalwe vir flinke diens en raakvatadvies , kwalifiseer produsente ook vir addisionele korting op onderdele wanneer die werk deur ‘ n Senwes Equipment werkswinkel gedoen word .
Kontak jou naaste werkswinkel of onderdeletak vir meer inligting of besoek www . senwes . co . za
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 17