Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 14

NUUS

Senwes Grainlink gee gemoedsrus aan klante rakende sekere silos na Tribunaal-uitspraak

Die Mededingingstribunaal het op 18 Augustus 2020 goedkeuring verleen vir die Senwes en Suidwes-transaksie , met sekere voorwaardes . Gevolglik skuif die fokus nou na die implementering van die voorgeskrewe voorwaardes .

Die graanbesigheid verteenwoordig die hartklop van beide Senwes en Suidwes se kernbedrywighede , en na die samesmelting kan klante uitsien na selfs ‘ n meer omvattende waardeproposisie . Dit is daarom belangrik dat elke gewaardeerde klant kennis neem van die volgende voorwaardes , wat na die implementeringsdatum van 12 Oktober 2020 , in werking sal tree .

Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Senwes bevestig dat die verskil tussen die hantering- en bergingstariewe , soos van toepassing op die Leeudoringstad- , Christiana- en Bamboesspruit-silo ’ s , en soos van toepassing op die Regina , Werda en Melliodora silos , vir ‘ n tydperk van vyf jaar dieselfde bly soos wat die vasgestelde verskil bepaal is op die dag vóór die implementeringsdatum .
Hantering- en bergingstariewe sal slegs verander sou Senwes besluit om in die tegnologie en effektiwiteit van die Leeudoringstad- , Christiana- en Bamboesspruit-silokomplekse te belê . Hierdie beleggings sal die silokomplekse as volg beïnvloed :
( i ) die laai- en aflaaispoed met 10 % verhoog vanaf die bestaande tempo , ( ii ) die silo ’ s se vermoë om graan met ‘ n hoër voginhoud te hanteer , met 10 % verbeter , of ( iii ) ‘ n 10 % verhoging in die doeltreffendheid van voorraadmetingstoerusting te bewerkstellig deur byvoorbeeld die gebruik van Crux-lasertegnologie , die vervanging van bestaande graderingsmasjiene of die installering van temperatuuren CO2-meters in meer as 10 % van die silobuise .
Alvorens enige aanpassing in die tariewe ten opsigte van die Leeudoringstad- , Christiana- of Bamboesspruit-silokomplekse gemaak kan word , moet die Mededingingskomissie in kennis gestel word .
Vervolgens sal ‘ n verslag deur ‘ n onafhanklike derde party bewys moet lewer van die toename in laai- en aflaaispoed , die verbeterde vermoë om graan met ‘ n hoër voginhoud te hanteer , of die verhoogde effektiwiteit van die silo ’ s , soos aangedui in punte i , ii en iii . Hierdie onafhanklike verslag sal ‘ n maand voor die aanpassing van die verskil ( met die doel tot punte i , ii en iii ) aan die Kommissie voorgelê word . Terselfdertyd sal die samevoegende besighede ( Senwes en Suidwes ) ook produsente , wat gedurende die voorafgaande jaar by die betrokke silos graan gelewer het , inlig rakende die veranderings .
" Ek is opgewonde oor die toekoms ." se Pieter Malan , Uitvoerende Bestuurder van Senwes Grainlink en voeg by dat die samesmelting sal nie net verhoogde spesialisasie en volhoubaarheid sal verseker nie , maar ook die ondersteuningsnetwerk vir klante vergroot . " Ons klante bly ons eerste prioriteit , en alle besigheidsbesluite word geneem met hulle beste belange in gedagte ."
Vir meer inligting oor die implementering van die voorwaardes , kontak Pieter Malan , Uitvoerende Bestuurder van Senwes Grainlink by 018 464 7395 .
12
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020