Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 49

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

Dit is nou meer as ooit nodig om ' n ' koop plaaslik ' -kultuur te skep . Dit is nie meer goedkoper om katoen in te voer nie .

word katoen as ' n alternatiewe gewas vir mielies beskou , met ' n hoë opbrengs , veral in Noordwes .
Benewens die aanvanklike toekenning van R200 miljoen van die DHN , is privaatbeleggings van meer as R500 miljoen gemaak om die oes- en verwerkingsvermoë te verhoog . Verdere indirekte investering van meer as R200 miljoen is deur die res van die rolspelers in die waardeketting gemaak om sakebestuurstelsels op te gradeer en meer mense in diens te neem . Sommige van hierdie beleggings is gebruik vir nuwe infrastruktuur en tegnologieë , soos die opgradering van die Loskop Katoenpluismeule in Marble Hall en die nuwe pluismeule in Koedoeskop naby Thabazimbi . Die Mr Price-groep het betrokke geraak by die finansiering van die ontwikkeling van kleinboere en boere het miljoene in toerusting en katoenplukkers belê . Die risiko is ook groot vir die meer as 1 000 opkomende katoenboere wat 3 365 hektaar moet oes en tussen 4 500 en 7 500 mense in diens het .
WAT MOET GEDOEN WORD ? In die gees van die katoengroep is samewerking die belangrikste en moet alle belanghebbendes saamstaan . Baie moet nog gedoen word voor die Foschinigroep- en Retailability-transaksies met die Edcon-groep se sakereddingspraktisyns beklink word , maar dit is ' n stap in die regte rigting . Nuwe eienaars moet nou aangemoedig word om by die kantoengroep aan te sluit en meer van Suid-Afrika se groothandelaarsgroepe , asook ander rolspelers , moet aan boord kom en die sektor ondersteun .
Na ons mening kan die regering en die privaatsektor sake ' n groot hupstoot gee deur ' n ' Koop plaaslik '-veldtog te loods . Tans is plaaslike produksie minder as Suid-Afrika se katoenpluisverbruik van bykans 315 000 ton per jaar en ons voer steeds 95 % van ons katoen in , meestal uit Zambië en Zimbabwe . Tog voer ons 80 % van ons katoen uit . Plaaslike verbruik kan egter nie toeneem totdat daar nuwe vaste investering in die tekstielbedryf is en die groei in plaaslike grondstowwe toeneem nie . Dit is nou meer as ooit nodig om ' n ' koop plaaslik '-kultuur te skep . Dit is nie meer goedkoper om katoen in te voer nie , want die rand verswak teenoor die dollar . Dit het dus meer besigheidsin vir kleinhandelaars om die plaaslike sektor te ondersteun . En wêreldwyd is daar ' n Covid-aangedrewe beweging om plaaslike mense te ondersteun en lande kyk hoe hulle self aan hulle behoeftes kan voldoen .
Dit is ' n positiewe kringloop : die verbetering van die infrastruktuur en kapasiteit van spinners en wewers sal die hele waardeketting binne ons grense hou , koste verlaag en leweringstye verbeter , terwyl dit die plaaslike sektor ondersteun en werk skep . ' n ' Koop plaaslik '-kultuur sal die vraag na plaaslikvervaardigde katoen ' n hupstoot gee en meer winkelgroepe wat bestellings plaas vir plaaslike kantoenpluis , sal die hele waardeketting ondersteun .
Op kort termyn steun Nedbank die waardeketting tydens Covid-19 deur toepaslike regeringshulppakkette . " Ons verstaan die waardeketting van die katoensektor goed en bied pasgemaakte oplossings aan die sektor . Omdat ons die groter prentjie in ag neem , kan ons die regte finansieringsoplossings bied en die waarde van katoen as sekuriteit in berekening bring ." Nedbank ondersteun Katoen SA , in samewerking met International Social and Environmental Accreditation and Labelling ( ISEAL ), om volhoubaarheidstandaarde ( BCI-katoen ) vir die sektor in te stel . BCI ( Better Cotton Initiative ) bestaan om wêreldwye katoenproduksie beter te maak vir die mense wat dit produseer en vir die omgewing waarin dit groei , en om die toekoms van dié sektore te bevorder . Nedbank ondersteun ook transformasie in die landbousektor en neem deel aan verskeie transformasieprojekte , byvoorbeeld die Taung katoen- , koring- en mielieprojek in Noordwes .
Uiteindelik is die les hier dat inkomste en diversifisering van die mark belangrik is om risiko ' s te verklein . Hoewel daar reeds baie werk gedoen is , is beduidende groei in die plaaslike mark nodig om Suid-Afrikaanse katoen in nuwe markte te diversifiseer . Met die potensiaal in plaaslike asook wêreldmarkte , is dit beslis die moeite werd om hande te vat om die uitdagings wat die Covid-19-pandemie aan die sektor gestel het , te oorkom .
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020 47