Senwes Scenario: September - November 2020 | Page 24

LANDBOUKUNDIG : PROMOSIE

KLIMAATSVERANDERING en die seisoen vorentoe

Johan van den Berg
AUGUSTUS 2020 In die huidige tydsvak waar klimaatsverandering en globale verwarming baie pertinent is , is die koue winter van 2020 in Suid- Afrika teen die verwagting van baie mense . Was die winter baie koud en waar pas dit in klimaatsverandering ?
As voorbeeld van die minimumtemperature wat in die winter van 2020 gemeet is , is daaglikse temperatuurdata van die Bothaville-omgewing sedert 2001 ontleed om te bepaal of die 2020-winter werklik so koud was . Die volgende feite het na vore gekom :
• Die gemiddelde minimum- of laagste temperatuur wat daagliks gemeet is vir die periode vanaf 1 Mei tot 31 Augustus was -0,55 ° C wat by verre die koudste was sedert 2001 . Dit was ook die eerste jaar waar die gemiddelde minimumtemperatuur onder vriespunt was want die tweede laagste gemiddelde minimumtemperatuur het in 2010 voorgekom toe dit gemiddeld + 0.44 ° C was . Die hoogste minimumtemperature vir die vier wintermaande was in 2002 toe dit + 3.06 ° C was .
• Die meeste dae met temperature onder vriespunt of waar ryp voorgekom het in die afgelope twee dekades het ook in 2020 voorgekom naamlik 75 dae waar die minimumtemperatuur benede vriespunt was teenoor die vorige hoogste aantal dae van 64 in 2007 .
• Net in 2010 het daar meer dae met temperature onder -5 ° C voorgekom ( 20 dae ) as in 2020 waar daar 19 dae was mettemperature benede -5 ° C .
Die “ koue ” winter moet in perspektief gesien word in terme van meer lokale faktore asook die hele aarde se temperatuur . Een van die redes vir die koue winter in Suidelike Afrika is dat groot gedeeltes van die suidelike Indiese
Oseaan en aangrensende Atlantiese Oseaan vanjaar tot meer as 2 ° C koeler as gemiddeld was gedurende die winter . Wanneer die hoogdrukstelsels wat die koue fronte volg suid verby die Kaap beweeg , word lug direk vanaf die Suidpool noordwaarts ingewaai agter die front . Vanjaar kon daar baie min verwarming van lug plaasvind oor die Oseane in vergelyking met ander jare .
Alhoewel globale temperature besig is om te styg oor die laaste paar dekades , is daar egter ook siklusse van warmer en koeler periodes . So byvoorbeeld was die winters vanaf 2001 tot ongeveer 2006 minder koud ( gemiddelde minimumtemperatuur van Mei tot Augustus van + 2.24 ° C ), vanaf 2007 tot 2012 weer koeler ( gemiddeld van + 1.19 ° C ) en weer warmer vanaf 2013 tot 2019 ( gemiddeld + 1.74 ° C ). Dit is interessant dat die minder koue winters meer saamgeval het met droë somers en kouer winters met nat somers .
22
SENWES SCENARIO | LENTE SPRING 2020