Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 8

NUUS| NEWS Hoe doeltreffend gebruik jy die GROOT 5 in jou boerdery? Is jou boerdery waarlik Toekomsgefokus? Op 29 Oktober 2019 by Nampo Park kry produ­ sente die unieke geleentheid om die top aspekte in boerdery die hoof te bied tydens die aanbieding van die 16de Senwes Toekomsfokusdag.  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis V anjaar sal honderde produsente weereens op Nampo Park toe- sak vir hierdie immergewilde Toekomsfokusdag. Die vraag is: Is die GROOT 5 deel van jou boerdery? Indien jy gewonder het, ons praat nie van wild nie. In jou boerdery is daar 5 top aspekte wat jou koste-effektiwiteit, pro- duktiwiteit en winsgewendheid bepaal. Dit is jou strategie, bestuursinligtingstelsels, hulpbronne, finansies en vennootskappe. Gebruik jy nog ou boerderymetodes, sukkel jy met finansiële beplanning of boerderyskuld terwyl jy nie byhou met tegnologiese uitbreiding nie? Kry jy die beste uit jou toerusting en wil jy jou boer­ derypraktyke na die volgende vlak neem? Hierdie geleentheid is dié een wat jy nie kan misloop. Jaco Minnaar, Voorsitter van Graan SA en Senwes direkteur, sal as fasiliteerder optree en verskeie ander produsente sal hulle praktyksuksesse 6 met ons deel. Hierdie suksesse is dan op een van die onderskeie aspekte van die GROOT 5 gefokus. Jaco is al twee dekades ’n produsent op die plaas Botesrust in die Hennenman omgewing en is sedert 2000 ook by ver­ skeie georganiseerde landboubeheer- strukture betrokke, wat verskeie Agri SA beleidskomitees insluit. Hy is sedert 2004 lid van die Uitvoerende Komitee van Vrystaat Landbou en deel van die Graan SA bestuurspan vir die afgelope vier jaar. Hy is ook ’n direkteur van Senwes en voorsitter van die Uitvoerende Komitee van Graan SA en die Vergoedings- en Risikokomitee van Senwes. Hier gaan dit oor produsente wat produsente help, boerderymetodes en hulp wat vir boere werk, spesifiek daarop gefokus om jou boerdery se besigheid- sukses te bepaal. Jy kan nie verkeerd gaan met dekades se ondervinding op jou voorstoep nie. Dan is daar vraag- en antwoordsessies indien jy spesifieke kwelvrae het, wat aan- gevul word met interessante videodemon- SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 strasies, gekompakteer vir jou gerief. Die wie’s wie van landbou gaan daar wees - so gebruik die tyd om te netwerk, verhoudings te bestuur en persoonlike kwessies aan te spreek. Ds Laurie Naude open die verrigtinge, die gewilde kuns­tenaar Appel tree op en jy sal ook ’n spitbraai en iets te drin- ke kan geniet. Vir slegs R100 is dit ook sakpas vir elke produsent, sy personeel en besigheids­vennote. Hierdie fondse is ten bate van die onderskeie jongboer- komitees. Die dag word sedert 2004 aangebied, in trotse samewerking met Graan SA en die jongboerkomitees van Vrystaat Landbou en Agri NW en is werklik ’n plek waar daar na volhoubare oplossings vir produsente gesoek word. RSVP by Shevaun Haig (018 464 7129 of [email protected]), Elize Spence (051 444 4609 of elize@vsland- bou.co.za) of Marlize Fritz (018 632 3612 of [email protected]) om die dag op Dinsdag, 29 Oktober 2019 om 08:30 by te woon.