Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 7

NUUS | NEWS dat ons op en af met die waardeketting beweeg nie. Dit bete- ken wel dat ons diversifiseer binne ’n nou fokus in terme van geografie, kommoditeite of klantebasis en dit is dus hier waar die KLK belegging nommerpas is vir ons. WAT BETEKEN SENWES SE BEHERENDE BELANG IN KLK? Vir KLK Prakties beteken dit dat daardie besigheid aangaan soos wat tans die geval is. Uit ’n aandeelhouersoogpunt sal Senwes bydraes maak, insette bied, sinergieë be­­ werkstellig en versterking vir die huidige portefeulje bied en sal ook die uitbreiding en kompeterendheid van hul besigheidstrategieë ondersteun. KLK klant Uit ’n KLK klant se oogpunt verander niks. Hulle gaan aan soos hulle nog altyd besigheid met KLK gedoen het, nou natuurlik met die ondersteuning van ’n langtermyn landbouvriendelike aandeelhouer, naamlik Senwes. Senwes aandeelhouers Vir die Senwes aandeelhouers beteken dit dat Senwes se aandeleportefeulje groei en in die proses gediversifiseer word deur ’n gesonde en goedbestuurde besigheid - dus ’n beter risikoprofiel met groter diversiteit. Senwes personeel Vir die Senwes personeelkorps beteken dit dat die onder- soek na die uitbreiding van sinergieë tussen Senwes en KLK ook hul eie besigheidsportefeulje komplimenteer en dat byvoorbeeld Hinterland, Hinterland Fuels en Senwes Crediet bevoordeel word. KLK portefeulje Die belangrikste besighede by KLK is: Carpe Diem, die rosyntjiebesigheid, wat ’n goed gevestigde besigheid is waar meer as 95% van die baie gesogte organiese produk na Europa uitgevoer word. SA Dorper is ’n huide- en vellebesigheid wat huide verskaf aan klante in die motorbedryf, die vellebedryf asook aan ’n groot klant in die modebedryf in Italië. Die verkoopsnetwerk van KLK stem baie ooreen met dié van Hinterland. Build-It is ’n gespesialiseerde bouma- teriaalkettingwinkel en die dieselbesigheid stem ook baie ooreen met Hinterland Fuels. Dan is daar ook slagpale, veilings asook motoragentskappe wat Isuzu, Nissan en Renault insluit. Dus ’n besigheid waarvan die strategie en veral die kultuur baie goed ooreenstem met die van Senwes en wat ons portefeulje baie goed komplimenteer. DIE KLK-TRANSAKSIE KLK het lankal uit ’n strategiese oogpunt vir ons sin gemaak. Uit ’n strategiese perspektief gee dit Senwes blootstelling aan daardie gedeelte van ons land waar ons nie blootstelling gehad het nie. Wat doen die transaksie effektief? Dit bied ’n geleent­ heid om ons portefeulje aan te vul ten opsigte van geografie, kommoditeite sowel as insetmiddele anders as slegs droëland- gewasse. KLK is ook ’n goeie operasionele en goedbestuur­de besigheid met gesonde finansiële verhoudings en resultate. Dit het KLK nog altyd ‘n aantreklike opsie gemaak. WAAR HET DIE TRANSAKSIE SY OORSPRONG GEHAD? Subtropico het ’n 30% belang in KLK gehad, die grootste enkele aandeelhouer van KLK. ’n Vyandige aanbod is gemaak om die minderheidsaandeelhouers te bekom met die doel om alleenaandeelhouer te word. Nie die KLK-direksie of klante is oor hierdie plan genader nie. Dit het die bestuur genoop om na alternatiewe te soek. Dit is waar gesprekke wat in die verlede plaasgevind het, weer opge- tel is en gelei het tot die KLK-direksie se versoek dat Senwes ’n voorlegging aan die direksie moet maak. ’n Ooreenkoms met ’n gesamentlike uitkykpunt is bereik, waarna ’n teenaanbod gemaak is. Na die eerste aanbod van R18.50 per KLK aandeel, het Subtropico weer hul aanbod verhoog en Senwes het daar- na die suksesvolle aanbod van R19.50 plus ’n ruiling gemaak. Kontant of ’n Senwes/Senwesbel aandeelruiling indien jy ’n boer is, en kontant of Senwes aandele indien jy nie ’n boer is nie. DIE DEURSIGTIGHEID VERDIEP Daaropvolgend is daar inligtingsvergaderings gehou en aan- deelhouers en klante is besoek. ’n Hoë frekwensie kommuni- kasieprogram tussen direksies en klante was op die agenda. Dit is in teenstelling met Subtropico, wat die vyandige pad geloop het en nie behoorlike vergaderings belê het nie. Die aandeelhouers het hewig hierop gereageer. Senwes het daarna ’n aanvaardingskoers van byna 58% behaal. Daar is van 0% tot 58% beweeg terwyl Subtropico slegs 1,2% meer kon wen na hulle van 30% na 31,2% beweeg het. WAT BETEKEN DIT ALLES? Dus het Senwes ’n beherende belang in KLK bekom en word daar nou gewerk aan die implementering van hierdie transaksie. Die hoofdoel is om die KLK handelsmerk en besigheids­ portefeulje in stand te hou deur die huidige KLK direksie en personeelkorps uit te brei op hulle bestaande portefeulje, nuwe geleenthede vir KLK te ontwikkel en natuurlik ook sinergieë binne die Senwes groep te identifiseer en te ontwikkel. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 5