Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 6

NUUS| NEWS Senwes en KLK Wat is die impak? Senwes Scenario het by die HUB van die Senwes Groep, Francois Strydom, gaan inloer om die agtergrond sowel as volle impak van die KLK-transaksie te bespreek.  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis AGTERGROND VAN DIE KLK- TRANSAKSIE O ns kyk op ’n gereelde basis na die sektor sowel as na al die rolspelers binne die sek- tor. Korporatiewe Finansies onderneem hierdie ondersoeke, wat insluit besigheidsintelligensie, gereelde basisont­ leding van maatskappye en besighede asook die groter neigings en besigheiddry- wers, plaaslik sowel as internasionaal. AANVAL EN VERDEDIGING Die ontledings word gedoen om sorgvul­ dige aanval- en verdedigingstrategieë te ontwikkel. Aanval om geleenthede te 4 benut om ander geografiese gebiede te betree, sowel as om te verdedig indien iemand jou besighede, klante en sektore sou aanval. STRATEGIE Die Senwes Groep het ’n duim-wyd-myl- diep-benadering. Senwes is ’n gefokusde rolspeler binne die waardeketting. Dit beteken dat Senwes nie besighede aan wie ons voorsien, sal opponeer nie. Ons hoofbesigheidsinisiatief is om graan te verskaf aan die verwerkingsbedryf. Met ander woorde, veevoere, meulenaars, olieperse, ensovoorts. Ons sal om hierdie rede nie so ’n besigheid besit nie, want dan kompeteer ons direk met ons klant. Ons verskaf insetmiddele aan produsente, daarom boer ons nie. Senwes integreer ook nie terugwaarts of voorwaarts nie, om SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 Francois Strydom, Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes. dieselfde redes. WAAROM DIVERSIFISEER ONS? Deur ons besigheidsintelligensie wil ons ons huidige strategie uitbrei en versterk. Dis belangrik om te onthou dat diversifi- kasie nie in ons strategiese terme beteken