Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 42

MARKETS | MARKTE Die invloed van SEETEMPERATURE op plaaslike pryse Die plaaslike mark kyk nou reeds vorentoe na die nuwe produksieseisoen. Met die besluite wat geneem word rondom aanplantings, is dit belangrik om verskansing nie agterweë te laat nie. Deur Hansie Swanepoel Senwes Markanalis D ie plaaslike mark is gewoonlik aan die begin van ’n seisoen sensitief vir reënval – beide vir aanplantings asook vir die groei van geplante gewasse. Enige tydperke van droë weer wat vir langer as twee weke voorspel word, is gewoonlik ondersteunend vir pryse. Hierdie tye van ondersteuning kan met groter gemoeds- rus gebruik word, indien die onderliggen- de rede vir die kommer verstaan word. EL-NIŇO Die El-Niňo effek word oor die algemeen by plaaslike produsente as ’n groot risiko­ faktor gesien. El-Niňo seisoen beteken verlaagde reënval vir die westelike produk­ siegebied en ook hoër temperature – beide is sleg vir die plaaslike witmielieoes. Die verwagte El-Niňo faktore vir Oktober tot Februarie is uiteengesit in Figuur 1. Daaruit kan gesien word dat daar vir die komende seisoen ’n El-Niňo neutrale seisoen voorspel word. Die verwagting is dus dat die tropiese winde reg sal waai, sodat vog suidwaarts beweeg oor Suid- Afrika. INDIESE OSEAAN DIPOOL (IOD) Warmer seetemperature in die weste- like Indiese Oseaan (aan Suid-Afrika se Ooskus) beteken dat daar warmer water in die Mosambiekkanaal tussen Mosambiek en Madagaskar is. Hierdie warm seewater gee energie aan enige tropiese stelsel wat hier ontwikkel en lei Figuur 1: Die verwagte El-Niňo effek Oktober - Februarie. 40 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 dan makliker tot die vorming van tropiese siklone in die Mosambiekkanaal. Hierdie tropiese siklone ‘trek’ dan die vog weg van die Suid-Afrikaanse binneland na die oostelike deel van Afrika. Die voorspelling vir die IOD vir Oktober tot Februarie is uiteengesit in Figuur 2. Daaruit kan gesien word dat die ver- wagting vir hierdie effek hierdie seisoen aanvanklik positief is en daarna neutraal. Gewoonlik vorm tropiese siklone eers in die tydperk van Januarie – Maart, so die effek kan hierdie jaar minder wees. Jy is welkom om met jou graanbemar­ ker of graanmakelaar kontak te maak om die beplanning vir die komende seisoen te doen. Vir meer volledige beskrywings van bogenoemde effekte lees die volledige artikel deur te kliek op die skakel http://senwes.co/hanokt19 of skandeer die QR-kode hier langsaan. Figuur 2: Die verwagte IOD effek Oktober - Februarie. Bron: Australiese buro vir meteorologie