GRAANMAKELAARS | GRAIN BROKERS
Witmielieverskansingsalternatiewe
Watter strategie was meer optimaal in watter seisoen?
Die begrip ‘verskansingstrategie’ hou verband met die strategie of bemarkingsplan wat ’n
produsent kan volg om die waarde van produksie vas te stel of te beskerm deur middel
van afgeleide instrumente.
Deur Frans Dreyer
Bestuurder: Senwes Graanmakelaars
D
ie vorige artikel het gefokus
op die agtergrond en resul-
tate van ’n studie waar nege
alternatiewe witmielieverskan
singstrategieë vergelyk is vanaf 2002/03
tot en met die 2018/19 produksiejaar. Die
algemene resultaat het daarop gewys
dat daar nie noodwendig ’n tipe strategie
is wat jaar na jaar beter presteer as die
ander agt nie. Die gesegde “’n put opsie
is nooit te duur nie” het egter wel duide-
lik geword in hierdie resultate aangesien
’n gewone put-opsie of minimum prys in
planttyd oor tyd die strategie is wat die
beste gevaar het in terme van gemiddelde
uitprestasie van die Julie kontrakprys.
Nietemin, die beskrywing van die
9 toepaslike strategieë, sowel as die
algemene resultate, bied nie ’n toepaslike
optimering per tipe strategie gekoppel
aan die seisoenale prysvormingsrealisasie
nie, spesifiek met verwysing na die Julie
kontrak. Onderskeid is dienooreenkomstig
getref en produksieseisoene is verdeel in
drie kategorieë, gekoppel aan die Julie wit-
mielieprysontwikkeling wat hetsy opwaarts
(Tabel 1), afwaarts (Tabel 2) of sywaarts
(Tabel 3) kon wees.
Ten einde ’n vergelykende maatstaf in
plek te stel, is elke strategie se gereali-
seerde SAFEX prys minus netto opsiekoste
die dag na opsievervaldag, vergelyk met
die gemiddelde Julie kontrak daaglikse
(MTM) prys oor dieselfde tydperk. ’n
Strategie wat dan na opsiekoste beter
presteer as die gemiddelde Julie kontrak
MTM prys oor dieselfde tydperk, het dus
36
die gemiddelde prys uitpresteer. Indien ’n
strategie na opsiekoste swakker presteer
as die gemiddelde Julie kontrak MTM prys
oor dieselfde tydperk, het die strategie die
gemiddelde Julie kontrak MTM prys onder-
presteer.
Die eerste groepering (Tabel 1) dui
daarop dat Strategie 1 die meer optimale
strategie is om te implementeer in jare
wat die Julie termynkontrakprysvorming
opwaarts was. Dit beteken dat die keuse
om nie te verskans nie, maar slegs in
strooptyd teen die kontantprys te verkoop,
die beste alternatief was. Die vraag ont-
staan dus of hierdie benadering nie dalk
faal om die kern van prysrisikobestuur vas
te vang nie. Die keuse om nie te verskans
nie kan byvoorbeeld geregverdig word
wanneer die inherente kontantvloeirisiko
en nie-leweringsrisiko van verskansing oor-
weeg word.
Hierdie argument ten gunste van
Strategie 1 verdiskonteer egter glad nie die
onsekerheid wat ’n produsent mag ervaar
tydens ʼn produksiejaar wanneer pryse
volatiel begin reageer op prysbepalende
faktore nie. Die invloed van prysbepalen-
de faktore op prysvorming mag van korte
duur wees, maar steeds tot ’n impulsiewe
besluit lei om eerder te verkoop uit vrees
dat pryse vir die res van die kontraktyd-
perk slegs kan daal. Hierdie impulsiewe
besluit het ongelukkig meestal tot gevolg
dat produksie nader aan marklaagtepunte
verkoop is en skakel nie die risiko van
nie-lewering uit nie. Indien daar dus uit ’n
suiwer risikobestuursoogpunt na verskan
sing gekyk word in ’n stygende mark, sal
dit sinvol wees om Strategie 2 of ʼn gewone
minimum prys te oorweeg. Die gemoeds
rus wat met hierdie strategie gepaard
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019
gaan, kan meestal nie in die koste van die
opsie (premie) verdiskonteer word nie. ’n
Put-opsiepremie is eerstens die maksimum
uitkoopkoste in die geval van nie-lewering
en bied aan die produsent ’n minimum
prys met onbeperkte opwaartse potensiaal.
Die tweede groepering is die gevalle waar
die Julie witmielietermynkontrak ’n afwaart
se prysvormingstendens gevolg het deur
die loop van die produksieseisoen (Tabel
2). In hierdie gevalle sal dit optimaal wees
om verskansing in plek te kry gedurende
die aanplantingsvenster en om die koste
van verskansing, spesifiek opsiekoste, te
minimaliseer, maar steeds in staat te wees
om te deel in enige onvoorsiene opwaart
se prysbeweging wat mag voorkom. Die
meer optimale strategieë in hierdie tipe
produksieseisoen sal dienooreenkomstig
Strategie 6, Strategie 7 of Strategie 8 wees
aangesien al drie hierdie strategieë ver-
skansing in plek stel wat ten doel het om
opsiekoste te verlaag, maar ’n produsent
steeds in staat stel om te deel in opwaartse
prysbewegings wat mag ontstaan.
Die laaste groepering is die gevalle
waar die Julie witmielietermynkontrak ’n
sywaartse prysvormingspatroon vorm
(Tabel 3). Hierdie is waarskynlik die moei
likste tipe seisoen of prysvormingstendens
om vooraf te identifiseer aangesien pryse
gewoonlik onder druk bly naby uitvoer-
pariteit, wanneer die aanbod meer as vol-
doende is. Die vlak van omsigtigheid in die
identifikasie van hierdie tipe uitvoerpariteit
scenario kan nie genoeg beklemtoon
word nie aangesien produksievooruitsigte
vir die nuwe oes kan verander of guns
tige uitvoere die ooraanbod intyds kan
aanspreek. Strategieë wat opsiekoste dus
tot die minimum beperk, maar weereens