Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 36

NUUS| NEWS Senwes en Senwesbel se 2019 AJV’s vind plaas  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis D ie algemene jaarvergaderings van Senwes en Senwesbel het op 22 Augustus 2019, by Senwes Hoofkantoor se konferensiefasiliteit, The Barn, in Klerksdorp plaasgevind. Nie-uitvoerende direkteur Simon Mohapi het die verrig- tinge geopen met die boodskap dat ons in baie onsekere tye leef terwyl ons poog om die land te herbou. Die strategie en resultate is aangebied deur Senwes Groep HUB, Francois Strydom, sowel as Senwes Groep HFB, Corné Kruger. Strydom het benadruk dat, indien jy nie jou klant eerste stel nie, jou maatskappy gedoem is. Kruger het op sy beurt die 2019 finan- siële resultate aan die aandeelhouers voorgelê en ook bevestig dat die maatskappy hom tans in baie onstuimige tye bevind. Voorsitter van die direksie, Danie Minnaar, het beaam dat mens slegs na die rand se prestasie vanjaar moet kyk om dit raak te sien - dit het die afgelope tyd teen tussen R13,23 en R15,49 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Tydens die vergadering is Danie Minnaar, Steve Booysen en Tom van Rooyen as direkteure herkies. James Botha het by die vergadering as direkteur uitgetree en was nie beskikbaar vir herverkiesing nie. Hy is bedank vir sy waardevol- le insette en betrokkenheid by die direksie oor die afgelope nege jaar. Die vergadering het ook kennis geneem van die nuwe ver- krygings, wat insluit die meerderheidsbelange in KLK Landbou te Upington en Staalmeester in Hartbeesfontein. Bekende mar- kanalis, Anthony Clark, het ook die vergadering bygewoon. Die toekomsvooruitsigte en -uitdagings is beklemtoon, soos dat die huidige seisoen met strooptyd sowat agt weke laat was, dat insetkanale steeds onder druk verkeer, die dinamika in die mark- toegangsbesigheid asook die fokus op toepaslike kapitaalallokasie na kapitaalprojekte en kredietverskaffing. Alle besluite soos voorge- hou aan die aandeelhouers is met hoë stempersentasies aanvaar. Die dividend van 30 sent per aandeel is ook bekragtig, wat op 29 Augustus 2019 betaal is. Na Senwes se vergadering is die 2019 Senwesbel jaarverga- dering onder leiding van Dries Kruger as voorsitter gehou. Die Senwesbel aandeelhouers het ook alle besluite aanvaar en die Senwesbel dividend van 21 sent per aandeel is op 30 Augustus 2019 betaal. Die direksie van Senwes het daarna vergader en drie direkteure vanuit die KLK direksie is op die raad van direkteure aangestel, naamlik Kobus Marais, Pieter Stander en Venete Klein. Navrae in verband met aandeelhouersake kan na Elmarie Joynt, die Groep Maatskappysekretaris, verwys word by e-pos: [email protected] 34 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019