Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 34

AREAFOKUS | AREA FOCUS Kameeldoring Classic 11 jaar van saamstaan in die gemeenskap  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis E lke dorp of stad het ’n uitvoer- produk en by Jan Kempdorp is die Kameeldoring Classic een van die uitskieters. Die toernooi trek sedert 2009 gholfspelers in hulle getalle hier byeen, hoewel die toernooi sy ontstaan in 2003 by Reivilo gehad het. Vanjaar het ’n totaal van 128 spelers vanaf 21 tot 23 September deelgeneem met Senwes Equipment, Hinterland, JCB, OK Grocer en Bastion wat met trots hier uitgestal het en trotse onder­steuners en borge van die toernooi was. Dit is ’n toernooi waar die gemeenskap werklik saamstaan. Senwes Credit se Bestuurder Agri-Finansiering in die omgewing, Robert Goosen, verteenwoordig Senwes en Hinterland jaarliks hier en kamp al sedert 2009 op presies dieselfde plek. Hy is ook voorsitter van die nabygeleë Hartswater Gholfklub. Niel du Plessis (links), die manswenner van die 2019 Kameeldoring Classic, ontvang sy trofee by Annatjie Herbst (Sekretaris - Jan Kempdorp Gholfklub) en klubkaptein Francois Neethling (Jan Kempdorp Gholfklub). Vanjaar is Niel du Plessis as manswen­ ner gekroon met Rozy Witzmann as vrouewenner. Die junior o/18 wenner was Marco Ebersohn en Fanie Rheeder die 60+ wenner. Die spanwenners was op hul beurt die RP-span met Anda Oelofse, Hugo van Wyk, Nico Scmahl en RP Oelofse. Goosen en die klubkaptein by Jan Kemp Gholfklub, Francois Neethling, ver- tel dat die toernooi aanvanklik sowat 78 spelers gelok het en die getal het gegroei tot 128. Die toernooi is uiters gesog met spelers vanaf Knysna, Bloemfontein, Klerksdorp, Sishen en Pretoria. Borge soos OK Grocer met takbestuur­ der Johan Dreyer doen ongelooflik baie moeite om die klub by te staan met pro- dukte vir die etes oor drie dae. Die Pro Shop met professionele speler Andre Cruse diens ook die spelers. Jaarliks kamp ongeveer 22 karavane en tente langs die baan onder die tientalle doring­bome. Klubpresident Stan Rudman het ook die trots van die klub uitgespreek om weereens ’n suksesvolle toernooi aan te bied. Neethling noem dat die toernooi krities is omdat groot investerings in die klubhuis sowel as die baan gedoen kon word. Die Kameeldoring Classic is inderdaad Jan Kempdorp en Jan Kemp Gholfklub se uithanggeleentheid van die jaar. JAN KEMPDORP: PERSONEEL KOBUS FOURIE JOHAN HATTINGH Senwes Grainlink: Senior Silobestuurder: Hartswater, Magogong en Jan Kempdorp Senwes Grainlink: Assistent Silobestuurder: Jan Kempdorp 060 966 6842 [email protected] ROBERT GOOSEN Senwes Credit Bestuurder: Agri-Finansiering 084 738 9381 [email protected] DESIRÉ BURGER Senwes Grainlink: Produsente Graanbemarking – Administrasie en Kontrole 053 474 0926 [email protected] 32 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 060 966 6842 [email protected] FRIKKIE VAN EEDEN Hinterland Takbestuurder 072 274 0564 [email protected] LOUIS TWIGGE Senwes Grainlink: Senior Graanbemarkingsadviseur 083 264 5498 [email protected]