Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 33

AREA FOCUS | AREAFOKUS Die Jan Kempdorp TV/radio seintoring is 233 meter hoog en is die 27ste hoogste struktuur asook 21ste hoogste TV/ radio seintoring in die land. Grensstraat in Jan Kempdorp geleë is. Hoof van dié winkel, Christien Niemann, sê spottenderwys dat as hulle hul stem wil laat hoor, gaan staan hulle sommer en basuin dit uit van ’n ander provinsie af. Op die grens van die provinsie is ook ’n ou swart stoomlokomotief wat die grens aandui. DIE HINTERLAND TAK Die tak in die dorp is by Hans Strydom­ straat 1 geleë, met takbestuurder Frikkie van Eeden aan die stuur van sake, met 15 personeellede wat hier werksaam is. Personeel vertel dat hier nog produsente instap en hulle reg voor in die winkel met kampstoele tuismaak en net lekker gesels - mense soos Roelf Pienaar, Koos Strauss, Hennie Lourens en Ferdie Pretorius. VYF RIGTINGS Verder af in die straat is ’n vyfrigtingstop, een van min landswyd waar bekende strate met name soos Hans Strydom, DF Malan, De la Rey en Bosman kruis en jy jou storie moet ken. SENWES GRAINLINK GRAANSILO Die Senwes Grainlink Jan Kempdorp graansilo het ’n totaal van 20 buise, twee met ’n kapasiteit van ten minste 4 100 ton en 18 met ’n kapasiteit van ten minste Hierdie ou stoomlokomotief staan op die grens tussen Noord- Kaap en Noordwes, oorkant die Hinterlandtak op die dorp. 1 100 ton, met ’n totale kapasiteit van 28 000 ton. Dit is die kleinste Senwes graansilo in die omgewing - Hartswater het ’n kapasiteit van 37 000 ton en Magogong ’n kapasiteit van 53 000. Agt mense is hier werksaam, onder leiding van Johan Hatting, die assistent-silobe­ stuurder. Kobus Fourie is die cluster- bestuurder. Jan Kempdorp graansilo is op 12 Oktober 1973 geopen, vyf jaar na Hartswater in 1968 en Magogong is in 1978 geopen. AMMUNISIE VIR SUID-AFRIKA Die 93 Ammunisiedepot is naby die Jan Kempdorp Silo geleë. As gevolg van die sentrale ligging in Suid-Afrika, word baie ammunisie hier gestoor. Plaaslikes noem dat baie glo dat een van waarsêer Siener van Rensburg se meer as 700 visioene van ’n ontsaglike ontploffing, na dié dorp kan verwys. GASTEHUISE Gastehuise is in oorvloed met unieke name soos Eden, Skemerkelkie, Nutshell, Ou Hanna, Ouma se Woonstel, Platteland Woonstel en Meerkatsgat. Jan Kemp Hotel en Border Hotel is ook hier te vinde. ROTTE EN BRODE Soos jy verby die dorp ry, is Hoër Landbouskool Noord-Kaapland en Vaalharts Hoërskool aan weerskante. Geskiedenis het dit dat die skoliere van Hoër Landbouskool Noord-Kaapland die brode wat by Vaalharts Hoërskool gebak is, somtyds gegaps het. Dié dat hulle die rotte en brode genoem word. LANDBOU IS DIEP GEWORTEL In ’n landboudorpie is straatname soos Koring- en Lusernstraat seker nie vreemd nie. Die ge­­bied is bekend vir pekanneute, lusern, ko­ring, gars, mielies, grondbone en katoen. ANDALUSIA Andalusia was die vorige naam van Jan Kempdorp. Andalusia het gegroei en in Januarie 1950 het inwoners by Kamp 1 inbeweeg en in Januarie 1954 is die eerste erwe in Jan Kempdorp verkoop. In 1953 is Andalusia tot dorp verklaar en direk daarna het die naamsverandering na Jan Kempdorp plaasgevind. Andalusia was die naam van die plaas waarop die dorp uitgelê is. Dit is verno- em na ’n streek in die suide van Spanje. Daar is nog tekens van die naam, naamlik Laerskool Andalusia, Andalusia Motors en Huis Andalusia, die tehuis vir bejaardes. Daar is ook ’n Andalusia Kliniek en Andalusia Gastehuis. ANDER BESIENSWAARDIGHEDE Die uitkeerwal, die Vaalharts Weir, is net die begin van die netwerk van kanale by die Vaalharts Besproeiingskema. Die weir is 11 meter hoog en 753 meter lank. Die 38 km-lange populierlaning wat net buite Jan Kempdorp begin, is ook welbe­kend. Wat eens ’n kameeldoringoerwoud was en Andalusia geheet het, is nou omskep in ’n landboudorp duisend. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 31