Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 30

JAG | HUNTING Die effek van totale patroonlengte op akkuraatheid In die vorige twee artikels het ons gekyk na ’n proses om die akkuraatheid van jou wapen te bepaal. Ons het die veranderlikes bespreek wat ’n effek op jou akkuraatheid kan hê en ook die gebruik van spoed as ’n aanduiding van akkuraatheid bespreek. Saam met die bespreking van spoed het ek ses verskillende spoedtoetse geskiet om te bepaal watter effek konstante spoed op ’n groepering het.  Deur Jan-Lodewyk Serfontein Jag- en wapenkenner M et die toetse het die groepe­ rings gewys dat die lading wat die mees konstante spoed gegee het, nie noodwendig die beste groepering het nie. Daardeur is afgelei dat spoed nie die enigste aanduiding van akkuraatheid kan wees nie. Die geweer se groepering op die teiken moet ook gebruik word om die geweer se akkuraatheid te bepaal. In die vorige artikel is genoem dat die konstante spoed wel ’n aanduiding kan wees van ’n akkurate lading, maar dat daar nog veranderlikes is wat ingereken moet word sodat die geweer akkuraat kan skiet. Die veranderlike wat in hierdie artikel bespreek en getoets word op die skietbaan, is totale patroonlengte. In die vorige toetse is bevind dat ’n lading van 44.5 gr S341 ’n uiterste ver- spreiding van spoed gee van 12 fps. Met ander woorde, die stadigste koeël en die vinnigste koeël van die drie toetsrondtes het met 12 fps verskil. Die uiterste ver- spreiding van spoed met 44.5 gr was die kleinste van die ses ladings wat getoets is. Die lading het ’n groepering van 60.33 mm gegee, terwyl ’n totale patroonlengte van 71.1 mm gebruik is. Met die volgende stel toetse wat ge­­ skiet is op ’n 100 m baan, met ’n Howa 308, is die resultate soos in die aange- hegte tabel verkry. Dit is duidelik uit die tabeldata dat die Lading Kruit Ontsteker Dop Koeël Gewig TPL Groepering 44.5 gr S341 PMP Lapua Balistix Huntac 165 gr 71.42 mm 21.31 mm 44.5 gr S341 PMP Lapua Balistix Huntac 165 gr 71.78 mm 38.67 mm 44.5 gr S341 PMP Lapua Balistix Huntac 165 gr 72.10 mm 32.88 mm 44.5 gr S341 PMP Lapua Balistix Huntac 165 gr 72.52 mm 25.92 mm 44.5 gr S341 PMP Lapua Balistix Huntac 165 gr 72.82 mm 5.8 mm 44.5 gr S341 PMP Lapua Balistix Huntac 165 gr 73.25 mm 12.55 mm 28 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 groepering groter word en weer kleiner word soos wat die totale patroonlengte langer geword het. Met ’n TPL van 72.82 mm het die geweer ’n groepering geskiet van slegs 5.8 mm. Hieruit kan ons aflei dat daar 2 veranderlikes is wat ’n invloed het op ’n geweer se akkuraatheid, naamlik lading en lengte. Die uiterste verspreiding van spoed word gebruik om ’n gunstige lading uit te kies vir ’n spesifieke wapen aangesien die beste lading nie noodwendig ’n goeie groepering gee nie. In vorige toetse het dit duidelik na vore gekom. Die totale patroon- lengte moet ook langer of korter gemaak word om die gunstige lengte te kry vir die spesifieke wapen. Met skiettoetse op die baan en groeperings as die finale bewys, kan ons ’n akkurate lading vir ’n wapen bepaal en die akkuraatheid van die wapen toets. Die bewys dat ’n wapen akkuraat is al dan nie, word bepaal deur die groepe­ ring wat hy kan skiet. Totale patroonlegte het wel ’n groot invloed op die akkuraat­ heid van ’n geweer. In die voorbeeld wat behandel is, het die groepering van 60.33 mm verklein na 5.8 mm deur die TPL langer te maak met 1.72 mm.