Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 27

PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS Herman en Susan Fouché boer langs die Mooirivier in die Noordwes provinsie. Sarie Maré geheet en het baie ontken dat dit die Sarie is waarvan gesing word. PLEK VAN PG DU PLESSIS ’n Klein bietjie geskiedenis rondom die gasteplaas is dat die befaamde skrywer en televisiepersoonlikheid, PG du Plessis, se pen ook hier langs die Mooirivier gevloei het, waar hy vir amper 40 jaar gebly het. PG, oftewel Pieter soos hy ook bekend was, en Herman was vir 20 jaar boesemvriende. Hulle het minstens een keer per week vir ure in die einste sit- kamervertrek gesels waar hierdie onder- houd gevoer is. In 2017 het PG na sy kankerstryd sy laaste asem uitgeblaas en Herman het die plaas by Rietvallei in 2018 bekom, sowat 35 minute van Potchefstroom af. Pot staan vir die vader van hierdie landskap, Andries Potgieter, chef vir sy leierskap en stroom vir die Mooirivier. Herman vind dit baie komies dat daar destyds in koerante gepubliseer is dat PG met die naam Sémoér, eintlik sy plaas vervloek het. Maar met die akuuttekens, wat eintlik maar net oëverblindery was, kon PG met slegs strepies sê presies wat hy eintlik wou sê. En hy kon met mens se emosies speel. Maar hulle het besluit om met die tekens weg te doen, so dis nou net eenvoudig bekend as Semoer. DIE TUISTE VAN GASTE Op 1 Mei vanjaar het die gasteplaas begin funksioneer en is die eerste gaste ont- vang. Die plaashuis het ook ’n baie unieke geskiedenis. Gebou in 1906 met ’n volle 113 jaar se leefherinneringe vasgevang in ’n kliphuisie wat ’n gedaanteverwisse­ ling ondergaan het, maar met die unieke kenmerke wat behoue gebly het. Daar is sewe kamers waarin 15 mense geakkom- modeer kan word en daar is planne om die kapasiteit tot 50 mense uit te brei. Dit sal gedoen word met behulp van die aan- grensende plase, wat almal deel vorm van Semoer Destination. ALLES-IN-EEN Die uiteindelike doel is om dit in ‘n alles- in-een bestemming te omskep. Vandaar die Destination gedeelte, wat bygevoeg is om die plaas se doel aan te dui. Vir Herman se dogter Lirie, en haar man Philip wat die eienaars en bestuurders van die gastehuis is, is die uiteindelike doel om die hele area in ‘n fasiliteit te omskep wat fietsry, draf en staproetes insluit. Philip gebruik sy ketelmaker agter- grond om die uitbreiding van Semoer te bespoedig en hy is boonop ‘n bobaas kok en hou al die gaste se mae vol. Dit word aangevul met wildskampe waar sabels, rooibokke, blesbokke en rooihartbeeste bygevoeg gaan word soos die seisoen van September/Oktober vanjaar draai. Indien jy van jou eie piekniek hou en die lekker vars groentetuine wil besoek en kies wat om vir jouself op te dis, is jy Die skrywer PG du Plessis se pen het ook hier langs die Mooirivier gevloei. Hier is sy tikmasjien. welkom om ook so ’n nuwe avontuur te beleef. Bykomend is daar uitstekende geleent­ hede vir fotografie, voëlkyk en visvang, sowel as ander aantreklikhede waar jy net ’n entjie kan uitry om ’n bietjie af te sluit. Dan is daar ook die biblioteek of studeer- kamer, PG se skryfplek, tot jou beskikking, ’n kroeg asook ’n kuierplek waar baie van PG se programme verfilm is. PLANNE IN DIE VOORUITSIG Lirie en Philip beplan om binne twee jaar ’n klein restaurant op te rig vir sowat 50 gaste. Vrye toegang tot die gasteplaas en plaas, waar besoekers alles omtrent die boerdery kan besigtig - of dit nou beeste is wat gewerk word en of daar nou geploeg of geplant word. Dis die hele idee om jou ’n plaaservaring duisend te bied, of dit nou ploegtyd of beestetyd is. RAAD VIR OPKOMENDE PRODUSENTE As eerstegenerasieprodusent sê Herman dat mens moet kyk wat ander produsente in die omgewing doen en nie anders moet doen nie. Jy moet ook aan jou geloof vashou, want alles is net genade. En dan moet jy fyn waarneem, luister en leer alles wat jy kan.” Met hierdie gasteplaas gaan dit verse- ker die Fees van die Genooides wees, wanneer gaste in die toekoms op die gasteplaas gaan neersak. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 25