Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 26

PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS Herman Fouché se werkende gasteplaas in Rysmierbult-distrik Waardevolle plaaspitkos tussen beeste en ploeg As die lewe net eenvoudig te veel raak, dan sê mens mos reguit, “hier moet ek net wegkom”. Snaaks genoeg is dit presies hierdie Senwes produsent se gasteplaas wat jou nader roep, Semoer Destination. Dis nou as jy genoeg gehad het van die stadslewe.  Deur Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis D ié idilliese bestemming is geleë in die Rysmierbult-distrik in Noordwes, by die Mooirivier se kronkels en draai met boom­lanings so reg uit ’n sprokieswêreld. Hierdie is immers nie ’n gewone gaste­ plaas nie. Dit word beskryf as ’n alles-in- een wegbreekbestemming waar jy rus vir jou siel kan kry en gevul kan word met waardevolle plaaspitkos. DIE VISIE VAN HERMAN Herman Fouché fokus al vir die afgelope 20 jaar op sy boerdery en is ’n Senwes klant in murg en been. Dis op hierdie plase waar 1 500 hektaar se gewasse op 24 droëland geplant word, 260 hektaar onder besproeiing is en die res word as weiding vir sy 1 200 koeie ingespan. Hy fokus hoofsaaklik op witmielies, sonneblom en sojabone in ’n 60/20/20 verhouding. Planne het die aanvanklike elektriese ingenieur duidelik in oorvloed. Hy was eers ’n naweekboer en smous vanaf 1989 op ’n 300 hektaar plaas wat hy gehuur het, presies waar ’n gedenk- naald vir die Anglo Boereoorlog held, Danie Theron langs die N12 anderkant Potchefstroom opgerig is. Interessant is dat Danie se agter-agter-niggie, die bekende Amerikaanse aktrise Charlize Theron is. Oorkant die N12 hiervandaan is die diepste goudmyn in die wêreld op amper 4 kilometer (3,9 km). Dis by skag 3 van hierdie myn waar Herman vir 12 jaar werksaam was. Hy was ook vir jare in die SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 konstruksiebedryf voor hy vanaf die draai van die eeu slegs op sy boerdery begin fokus het. FAMILIEBOERDERY In die boerdery is Herman aan die stuur van sake, met sy vrou Susan aan sy sy, wat almal bystaan in ’n ander hoedanig­heid. Lirie en Philip bestuur die gasteplaas, seun Hernich behartig die saaigedeelte en skoonseun Philip Marais behartig die voerkraal en beeste. Van Marais gepraat. “My Sarie Marais is so ver van my af…” Sarie, van wie in hierdie Afrikaanse volksliedjie gesing word, het in dié einste geweste gebly. In hierdie wyk van die Mooirivier, onder in die mielies by die groen doringboom. Interessant is dat die Marais-gedeelte eintlik ’n drukfout was, want eintlik het sy