Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 23

NUUS | NEWS Senwes trap groter voetspoor by Nampo Kaap  Deur Johan Le Grange Bestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie D ie tweede weergawe van Nampo Kaap, met die tema: ‘Winde van Vooruitgang’ het vanaf 4 tot 6 September in Bredasdorp, plaasgevind. Duisende besoekers, om presies te wees 20 150, het oor die drie dae na Bredasdorp-park in die Overberg gestroom vir dié landbou­ skou, wat vanjaar 24% meer besoekers as in 2018 gelok het. Senwes se betrokkenheid by die Wes- Kaapse skou was in die vorm van die Senwes-geïnisieerde landbougesprekfo- rum, Nasie in Gesprek, die gesamentlike ondernemings JDI en nuwe toevoeging tot die Senwes Equipment stal, Staalmeester. Nasie in Gesprek het oor die bestek van die drie dae, vyf knellende kwessies onder die loep geneem waar verskeie kenners van ’n wye verskeidenheid be­drywe, hulle insig en ervaring in die vorm van lewendige paneelbesprekings kon deel. Die sessies het gefokus op: die rol van die private en openbare sektore om ’n groeiende ekonomie in Suid-Afrika te skep; transformasie suksesstories in die Wes-Kaap; die graanbedryf met ’n fokus op kontantgewasse; sekuriteit in die landelike gebiede en die wynbedryf. Om die regstreekse uitsendings weer te kyk of meer oor elk te lees, besoek www. nasieingesprek.co.za/nampokaap2019. Senwes se gesamentlike onderneming met die Tomlinson-familie, JD Implemente, het hul produkaanbieding en tentoon- stelling vanjaar ook weer na die volgende vlak geneem met John Deere en JCB toerusting te kies en te keur. JDI het met hul John Deere klere- en speelgoedreeks besonderse aftrek onder skougangers geniet. Staalmeester was ook vanjaar vir die eerste keer betrokke by Nampo Kaap met hul nuwe handelsmerk en kon hul produk­ aanbieding in die area tentoonstel. Dat Nampo Kaap hier is om te bly, is ’n gegewe. Overberg, ons sien jou in 2020. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 21