Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 17

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG Hoe kan ons dit verbeter? Die aankoopkoste van diere en die voer wat nodig is om die diere af te rond, is die twee grootste uitgawes in die voerkraalbedryf. Voerkoste verteenwoordig tussen 50% en 70% van die totale koste van ’n voerkraal. Intensiewe produksiestelsels soos voerkrale, gebruik hoë energie en duur voere soos graanbronne. Deur minder voer te gebruik om beeste af te rond, sal dit ’n betekenisvolle bydrae tot die winsgewendheid van beesproduksie lewer.  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige voerenergievrystelling vir die dier en GDT verhoog terwyl dit die VOV en voerkoste sal verlaag. D GRAANPROSESSERING Die verteerbaarheid van grane word verbeter indien dit geprosesseer word. Deur die buitenste harde laag van graan te breek, stel dit die mikrobes in staat om die stysel en minerale vinniger en beter te benut. In Suid-Afrika word hoofsaaklik reeds geprosesseerde hominy chop as graanbron gebruik. Prosessering van grane verbeter die vermengbaarheid met ander voerbronne, wat die smaak verbeter en deurgangtem- po van die voer verbeter. Grane verhoog die risiko van asidose in die rumen en ’n fyn balans tussen die metode en mate van prosessering, asook die hoeveelheid graan in die dieet, kan ’n betekenisvolle bydrae tot die VOV maak. DIE VOEREFFEKTIWITEIT ie voeromsettingsdoeltreffend- heid of -verhouding (VOV) is ’n meting van hoe effektief ’n dier voedingstowwe en energie na lewendemassa kan omskakel. Aangesien die voginhoud van voere baie varieer, is die meer korrekte verhou­ding die droëma- teriaal van voer wat nodig is om een een- heid lewendemassa aan te sit. Daar is ’n hoë korrelasie tussen VOV en die gemiddelde daaglikse toename (GDT) van die dier. Die sleuteleffektiwiteitsmeting wat ook die winsgewendheid van voer- krale aantoon, is die hoeveelheid DM voer wat nodig is om ’n eenheid finale karkas- massa aan te sit. Die belangrikste faktore wat die VOV bepaal is voedingsbestuur, groeibe­vorderaars en die dier se genetika. VOEDINGSBESTUUR Deur weiding of ruvoere met grane in afrondingsvoere te vervang, verbeter die voereffektiwiteit betekenisvol. Beeste wat hoëgraan-diëte gevoer word, groei vinniger, rond vinniger af en produseer swaarder en vetter karkasse. Die tipe en kwaliteit van grane en die balans van essensiële voedingstowwe soos vitamines en spoorminerale het ’n betekenisvolle impak op voereffektiwiteit. Goed gefor- muleerde en voedingstofgebalanseerde diëte wat die maksimum verteerbaarheid van voer ten doel het, asook om enige metaboliese steurnis te verhoed, sal die GROEIBEVORDERAARS Hierdie produkte is deel van verskeie gesofistikeerde metodes wat voerkrale en ander produsente gebruik om meer beesvleis vinniger te produseer deur minder voer te gebruik, terwyl hoë stan- daarde van dieregesondheid, karkask- waliteit en voedingsveiligheid gehandhaaf word. Groeibevorderaaars sluit in iono- fore, groei-implantate en beta-agoniste. Berekeninge het getoon dat die produk­ siekoste ten minste 10% hoër sou wees indien hierdie drie tegnologieë nie gebruik word nie. Studies het getoon dat diere wat beide implantate en ionofore toegedien is, soveel as 21% beter GDT en 23% beter VOV getoon het. IONOFORE Ionofore kan die VOV en GDT verbeter deur die metaanproduksie te verminder, die voorkoms van opblaas en asidose te verminder en om siektes soos koksidiose te verhoed. Ionofore verbeter VOV deur die mikrobesamestelling en vertering in die rumen te verander. Rumenbakterieë, bekend as metanogene, produseer metaan­gas as voervesel en grane verteer word. Metaangas bevat energie, maar kan nie deur die dier geabsorbeer en benut word nie. Dit word dus as gas deur die dier uitgeskei en gaan as energie verlore. Ionofore verbeter VOV asook GDT deur selektief metanogeniese bakterieë te inhibeer en meer voerenergie vir die dier beskikbaar te stel. HORMONALE GROEI-IMPLANTATE Hierdie produkte beïnvloed die wyse waar­ op die liggaam voedingstowwe gebruik nadat dit in die bloedstroom geabsorbeer is. Groei-implantate bevorder die afskei­ ding van reproduksiehormone wat natuurlik in die liggaam voorkom. In manlike diere vervang dit gedeeltelik die hormone wat deur kastrasie verwyder word. Oor die algemeen bevorder dit proteïenneerle­g­ ging en inhibeer vetneerlegging in die lig- gaam. Vetneerlegging vereis meer as twee keer die energie as proteïenneerlegging. Verder bevat spiermassa ongeveer 70% water en vet slegs 25% water. Dit beteken dat vir elke tien kilogram spiere, slegs drie kilogram van droë voer en sewe kilogram van water afkomstig is. Hierdie verhouding word feitlik omgekeer vir vetneerlegging waar sewe kilogram van voer en drie kilo- gram van water afkomstig is. 16 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 15