Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 15

AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG produksieplan suksesse kontantvloeibegroting skuldverpligtinge surplus of tekort beplanning langtermynvisie doelwitte nasie van gewasse vasgestel is, word die kontantvloeibegroting die bloudruk wat alle finansiële besluite vir die volgende 12 maande rig. Indien u van finansiering moet gebruik maak, is dit die einste kon- tantvloeibegroting wat die kredietkomitee se besluit gaan beïnvloed. Hoewel ’n korttermynplan die meeste aandag geniet en besonderhede inhou, bly dit belangrik om dit in lyn te hou met die boerdery se visie en strategie. FOKUS OP DIE VOLGENDE 3-5 JAAR Die laaste vier jaar in die graanbedryf word onthou vir een van die ergste droogtes in dekades met hoë pryse, gevolg deur ’n rekord-oes met weggeepryse. Dit is tye waarin alle spaargeld opgeroep, limiete verhoog en oorlaatskuld aan die orde van die dag was. Die faktore maak dit moeilik om toekomsgerig te dink en te glo dat sake gaan verbeter, veral wanneer die finansierders geld, redes en planne soek om die skuld te delg. Dit is nodig om die situasie realisties te ontleed en praktiese, haalbare oplos­sings te soek. Dit is onwaarskynlik dat een goeie jaar al u finansiële probleme gaan uitwis, so moenie u hoop op ’n eenjaaruitweg sit nie. Bepaal ’n 3-5 jaar strategie wat binne bereik van die natuurlike hulpbronne, talen­te en gawes tot u beskikking is. KYK SOVER AS WAT JY KAN DIE TOEKOMS IN Voor die dae van groot lande en gevor- derde trekkers met hul GPS’e, is aanvore gemaak deur ’n baken aan die ander kant van die land te kry en dit in fokus te hou in plaas van om reg voor die trekker in die land te kyk. Dit het verseker dat die aanvoor reguit is en die spore netjies. ’n Langtermynvisie dien as ’n baken om u boerdery deur die huidige omstandighede te navigeer. Indien die boerdery nie oor ‘n visie, missie en doelwitte beskik nie, is dit die ideale tyd om dit te bepaal. KOMMUNIKEER DIE PLAN Sodra die beplanning vir die volgende seisoen (en daarna) gedoen is, is dit goed om dit met die bestuurspan en ander belanghebbendes te kommunikeer sodat hulle kan help om die plan vlerke te gee en te verseker dat die 2019/20 plant- seisoen een sal wees om te onthou vir die regte redes. www.capstoneseeds.com SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 13