Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 14

Tema: PL ANTT YD LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL SOMERPLANTTYD Beplanning verlig spanning Die stropers is skaars klaar skoongemaak en in die stoor parkeer of die volgende plantseisoen loer al oor die horison. Miskien was die 2018/19 seisoen gunstig en kon gemiddelde tot bo-gemiddelde opbrengste behaal word en teen gemaklike prysvlakke bemark word, òf die seisoen was geken aan uitdagende klimaatstoestande en is daar min sukses om te vier.  Deur Yolandi Kruger Peritum Groep N et soos die wêreld elke Desember tyd neem om te dink oor die jaar wat verby is en te droom oor die jaar wat voorlê, is die lente graanprodusente se tyd om vir ’n oomblik stil te word en die- selfde te doen. Hetsy u huidige omstan- dighede goed of sleg is, beplanning verlig spanning. Die volgende stappe kan help om die proses so glad as moontlik te laat verloop. STEL ’N BALANSSTAAT OP Kyk terug oor die 2018/19 plantseisoen en probeer om die volgende vrae eerlik te beantwoord:  Het ons die produksieplan suksesvol uitgevoer? Indien nie, hoekom nie? Was dit faktore binne of buite ons beheer wat ’n impak gehad het?  Het ons by die kontantvloeibegroting 12 gehou? Was dit akkuraat opgestel? Wat was die redes vir die afwykings?  Was die oes voldoende om alle skuld- verpligtinge na te kom?  Hoe merkwaardig is die surplus of tekort?  Wat het ons reg gedoen?  Watter lesse het die seisoen ons geleer?  Wat kan ons in die volgende seisoen verbeter? VIER SUKSESSE Graanboere word geken aan ’n haastige leefstyl, maar onthou dat dit ’n spanpoging was om die oes suksesvol in te samel. Neem tyd en maak ’n punt daarvan om die suksesse van die seisoen te vier en erken- ning te gee aan diegene wat dit verdien. KYK OP EN BEUR VOORT Beplanning vir die 2019/20 planttyd kan nie wag tot na die eerste reënbui nie, maar moet nou prioriteit geniet. Dit behels nie net die uitoefen van ’n keuse oor wat- SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 ter gewas en kultivar geplant gaan word nie, maar ook die bevestiging van medi- um- en langtermynplanne. Boerdery is nie ’n een-dag krieketwedstryd nie, maar eerder ’n proses om ware rykdom te skep van een generasie na ’n volgende. In uit- dagende tye soos hierdie is dit nodig om u oë te vestig op die langtermynvisie en doelwitte van die boerdery. KYK OP VIR EEN JAAR Faktore wat u produksieplan beïnvloed, sluit sekere faktore in soos die hoeveelheid vog in die grond, die winsgewendheid van elke gewas, rotasie tussen gewasse, marktendense en beskikbaarheid van insette. Vir elke produsent sal dié faktore verskillende prioriteite in die beplannings- proses geniet en is daar nie ’n goue koeël wat alles met een skoot gaan tref nie. Dit is ’n kwessie van balans en wisselwerking tussen die gevolge van elke besluit. Die opstel van ’n kontantvloeibegroting sal u help om die finansiële impak van elke besluit te ontleed. Sodra die kombi-