Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 12

Tema: PL ANTT YD LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL BREEK NUWE GROND hierdie planttyd Hiermee wens die Senwes Equipment span jou as gewaardeerde klant ’n voorspoedige en probleemvrye plantseisoen toe vir die res van die jaar wat voorlê.  Deur Corneel Botes Senwes Equipment: Tegniese Adviseur PLANTERS As ons gaan kyk na die nuwe plantseisoen wat voorlê, is daar ’n paar punte wat ons in gedagte moet hou:  Is my planter reg vir die seisoen?  Is my spuit reg vir die seisoen en dienste op datum?  Is my planter se saadbakke gekali­ breer? (sekere werkswinkels is toe­ gerus met saadbaktoestelle)  Is alle laers nagegaan?  Is alle koppelstukke gediens?  Is jou plantermonitor getoets en reg opgestel om te verseker jy gaan die regte hoeveelheid saad en kunsmis toedien indien jy variërend plant? Jou planter op die plaas is die heel belang­rikste stuk toerusting wat die toekoms van jou plaas bepaal. As die planter jou in die steek laat in jou optimale planttyd en nie loop nie, is jy besig om 10 jou opbrengs in te boet weens ’n laer of ’n ketting of selfs ’n saadbak of kunsmisuit- meter wat nie gekalibreer is nie. Is jy seker jou planter plant die stand wat jy verlang? Is die kunsmis en die gifratkassies reg gestel op die stand wat jy verlang? Senwes Equipment werkswinkels het nou ’n inspeksieprogram wat meer as 70 punte inspekteer op jou John Deere planter. Die inspeksie gee jou die gemoedsrus om die plant- seisoen met vertroue aan te pak. ’n Spuiterinspeksie van ongeveer 150 punte word ook gedoen vir gemoedsrus met die belangrikste deel van jou planttyd. SPUITE So belangrik as wat jou planter is, is jou spuit vir optimale onkruidbeheer en mak- simum opbrengs.  Is die algemene toestand van jou spuit nagegaan?  Is die spuit se spuitstukke nagegaan vir slytasie? SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019  Is al die kalibrasies nagegaan en seker gemaak dat dit op datum is?  Is die hidrouliese sisteem sonder olielekke?  Werk die veringstelsel van die spuit reg?  Is die tenk en die boom se spuitsis- teem skoon en reg?  Werk die spuit se boomtrack en auto- track reg? Indien jy vermoed dat die spuit enige verstellings of kalibrasies benodig, skakel asb jou naaste werkswinkel sodat hulle jou hand kan kom sterk maak in die sei­ soen wat voorlê. Wees verseker dat jy enige tyd op enige Senwes Equipment werkswinkel se knoppie kan druk vir ongekende gemoeds­rus en diens wat ons aan jou kan bied vanuit enige van ons 18 bedienings­ punte in die Senwes gebied. Hou moed en bly voor vat! Vir enige navrae, kontak gerus jou naaste Senwes Equipment werkswin- kel vir ’n afspraak by 018 464 7796.