Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 10

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Tema: PL ANTT YD Sandgrond Ontwikkelingskomitee (SOK) Plantestand, opbrengspotensiaal en ekonomies optimale stand van mielies Die terme opbrengsmikpunt, opbrengspotensiaal, plantpopulasie en hoe dit op elke land met kultivar en rywydte neergesit word, is effens van ’n grys area waar elke produsent sy eie resep het.  Deur Petrus van Staden Senwes Senior Grondkundige Boet van Zyl Senwes Senior Ekonoom kosteknyptang (seisoenale graanprys vs. insetkoste) te bestuur. Laasgenoemde noodsaak dat alle insette teen die ekono- mies optimale peil gehou moet word. rond (natuurlike hulpbron) en reënval (klimaatsfaktor) is van die belangrikste omge- wingsfaktore wat die opbreng- spotensiaal en optimale stand van ’n oes bepaal. By ’n spesifieke grond- en reën- valkombinasie kan ’n te lae plantestand opbrengs en wins beperk, terwyl die grond en reënval onderbenut word. Daarteenoor kan ’n te hoë plantestand dieselfde effek hê aangesien saadkoste onnodig hoog is terwyl opbrengs, veral tydens droogte, winsgewendheid verder kan ondermyn. Benewens faktore soos rywydte, kulti- var en bewerking het die prys van graan en saad ook ’n impak op die plantestand. Volgens Senwes E-buro inligting vir 2018 wissel die saadkoste vir die Noord- en Wes-Vrystaat byvoorbeeld gemiddeld tussen R1 114 en R1 365/ha. Teen 14% en 15% van die totale gespesifiseerde koste, is saad ’n belangrike inset. Plant­ populasie is dus jaarliks ’n kritiese faktor in besluitneming, wat ’n groot impak op opbrengs en winsgewendheid het om die BENADERINGS TOT OPBRENGSPOTENSIAAL Grondkunde: grondvorm, tekstuur, gronddiepte, teenwoordigheid van ’n watertafel en bewerking (bv. oorlê) word gebruik om die opbrengspotensiaal van grond te bepaal. Agronomie: die grond se opbrengspo- tensiaal, genetiese eienskappe van kul- tivars (stabiliteit van kultivars oor tyd in spesifieke omgewings, in kultivarproewe bepaal) en produksiefaktore word in ag geneem om die optimale plantpopulasie te bepaal, waar beskikbare lig-energie en grondvog effektief benut word om die hoogste moontlike opbrengs te behaal. Klimatologiese faktore soos reënval, hoeveelheid en tyd wanneer dit voorkom, is bepalend ten opsigte van potensiaal en plantdatum. Met laat plant word groot verliese gely omdat dit nie altyd prakties moontlik is om op kort kennisgewing byvoorbeeld kultivar en plantestand te wysig nie. Die algemene definisie van optimum ekonomiese plantpopulasie is daardie G 8 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019 stand waar saadkoste, graanprys en opbrengs die winsgewendste is. Dit is laer as die agronomiese potensiaal. Die SOK-proewe voldoen aan wetenskaplike vereistes en word met behulp van statistiek ontleed. ’n Volledige artikel rakende plantestandproewe van die SOK in die Noordwes-Vrystaat op die plase van mnre. Danie Minnaar en Thabo van Zyl, het in SA Graan, Maart 2019*, verskyn. Die resultate van die proewe het die volgende uitgelig:  Die waarde om te investeer in bepaling van langtermynreënvaldata vir elke plaas of selfs land.  Die bepaling van individuele opbrengs- vs plantestandverwantskap.  Die resultate demonstreer dat graan- en saadpryse ’n beduidende invloed op die optimale stand het. ’n Hoër saadprys en ’n laer graanprys vereis ’n laer stand om die ekonomiese optimale punt te bereik.  Die ekonomiese ontleding van boer­ derydata. Die laaste punt word aan die hand van die proef op Doornbult van mnr Thabo van Zyl bespreek. Die rip-op-ry stelsel het