Senwes Scenario Oktober / November 2019 | Page 18

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL 15 | Voereffektiwiteit vir voerkraalbeeste BETA ADRENERGIESE AGONISTE Hierdie produkte is die nuutste groeibevor­ de­raars waar die benaming presies aan- toon wat die produk in die liggaam doen. Dit is ’n molekule wat op die beta-reseptor van die spier bind en soos adrenalien reageer. Adrenalien bevorder die vloei van bloed vanaf die verteringsorgane na die spiere gedurende die dier se veg-of- vlugreaksie. In hierdie proses bevorder beta-agoniste die vloei van voedingstowwe na die spiere in plaas van interne organe, wat tot beter groei aanleiding gee. Alle beta-agoniste wat vir beeste goedgekeur is, bevorder proteïenneerlegging of spier- groei, GDT, VOV en beter karkaskonstitusie of bespiering. Sommige beta-agoniste verlaag die proteïenomset deur die spier- katabolisme (afbreek) te verminder, wat tot beter uitslagpersentasie aanleiding gee. Beta-agoniste word teen die einde van die groeiperiode toegedien wanneer spiergroei begin afneem, vetneerlegging begin toe- neem en VOV dus begin afneem. SLAGMASSA Om die finale slagmassa van die dier te bepaal, is ’n belangrike aspek van voeref- fektiwiteit. Sodra die dier fisiologiese ryp­ heid begin bereik en groei begin afneem, word meeste van die voerenergie vir vetneerlegging eerder as spierneerlegging gebruik. Dit is nie energie- of koste-effektief nie. Die beste slagmassa word dus be­paal wanneer die grootste lewendemassa bereik word met ‘n gewenste spier- tot vetverhouding, wat steeds die maksimum karkasprys per eenheid sal behaal. GENETIKA Die inherente genetiese vermoë van ’n dier om voer na karkasmassa om te skakel, verskil tussen individue, wat beteken dat dit vir VOV geselekteer kan word. Kruisteling van spesifieke rasse het ook aangetoon dat betekenisvolle beter GDT, gradering en karkasopbrengs ver- kry kan word. Die VOV van beeste word verbeter deur ’n toename in groeitempo, wat met die beste groeibevor­deraars gemanipuleer kan word of deur die netto voerinname (NVI) te verlaag. Dit wil voor- kom of laasgenoemde teoreties met teling verbeter kan word. SELEKSIE VIR BETER VOEREFFEKTIWITEIT Die netto voerinname is oorerflik en reageer op seleksie. Die hoë koste om individuele diere se voerinname te bepaal, verhoed egter telers om hierdie eienskap te meet en kommersieel as seleksiemaat- staf te gebruik. ’n Menigte fisiologiese eienskappe bepaal die variasie van NVI in diere en honderde, indien nie duisende gene, bepaal die oorerflikheid van hierdie eienskap. Navorsers is tans besig om die gene wat vir NVI verantwoordelik is, te karteer om daarmee ’n vergelyking te ontwikkel wat die telingwaarde van NVI sal kan voor- spel. Die verskil in vasmetabo­lisme tussen Bos indicus en Bos taurus beestipes het ’n laer as verwagte onderhoudsbehoefte en word daarom ook in NVI vir Bos indi- cus beeste getoon. Melkrasse het ’n hoër onderhoudsbehoefte as vleisrasse en het dus ook ’n hoër as verwagte NVI getoon. Die genetiese variasie van NVI binne rasse het ‘n oorerfbaarheid (h2) van ongeveer 0.25 getoon. KOMPONENTE VAN NETTO VOERINNAME Navorsers het reeds die fisiologiese basis van die variasie in NVI wat in diere voor- kom, hersien. Hieruit is afgelei dat alhoewel verteerbaarheid van voer en liggaamsame- stelling tot verskille bydra, die grootste bron van variasie die onderhoudsbehoef­ tes tussen diere is. Hierdie verskille word deur veelvoudige fisiologiese prosesse bepaal wat insluit die tempo van proteïen- omset, energieverbruik met aktiwiteit, reaksie op spanning en mitochondriese effektiwiteit, ioonvervoer en ander metabo- liese prosesse. Die invloed van liggaam- samestelling op onderhoudsbehoefte is steeds nie duidelik nie. Alhoewel vetneer- legging energiegewys duur is, maar goed- koop is om te onderhou, word ’n toename in vetheidsgraad met ’n toename in NVI geassosieer. Metaboliese prosesse in die lewer is waarskynlik belangrik vir voereffek­ tiwiteit. Navorsing het tot dusver soveel as 128 gene in die lewer geïdentifiseer wat fenotipiese verskille tussen hoë en lae NVI lyne van beeste toon. Die rol wat gene in NVI speel is steeds onduidelik, maar daar is indrukwekkende aanduidings wat die onderliggende biologie ondersteun. OPSOMMING Die koste van voer het produsente deeg­ lik bewus gemaak van voereffektiwiteit. Voereffektiwiteit is reeds vir dekades bestudeer, maar weinig vordering is gemaak. Onlangse tegnologiese ontwik- keling sal die meting van individuele voer- inname in groot groepe, wat die praktiese en ekonomiese identifisering van diere met geneties die beste VOV-potensiaal, moont- lik maak. Om die produktiwiteit van produksiestelsels vir beeste te verbeter. Adviesdiens vir herkouervoeding Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering van voere vir volhoubare produksieprestasie Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te komplimenteer Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected] 16 SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2019