Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 82

RUBRIEK | COLUMN IN THE KITCHEN | IN DIE KOMBUIS Kos vir die siel Om te bly glo in ’n tawwe wêreld I Milanie Vosloo n ’n tawwe wêreld waarin ons daagliks met verskillende uitdagings gekonfronteer word, is dit nie altyd maklik om te blý hoop nie. Of ís dit? Die kunstenaar George Frederick Watts het in ’n tyd toe mense desperaat op soek was na hoop, ’n skildery met die titel Hope geskilder. Dit beeld ’n vrou uit wat in ’n fetusposisie op ’n aardbol sit. Bo en om haar is dit donker en in haar hand hou sy ’n lier vas met net een snaar - haar kop afgebuig in ’n poging om musiek uit die een snaar te hoor... Mense was ontsteld oor die depressiewe uitbeelding van hoop en het Watts daaroor uitgevra. “Julle kyk oppervlakkig,” was sy antwoord. “Sien julle nie die lig wat van voor af op haar val nie? Dit is jý. Jý wat na die lewe kyk, die donker raaksien en dan kies om die bietjie of baie lig wat steeds in jou is, op ander te laat val. En ja, dis wel nag om haar, maar kyk dieper, dan sien jy die piepklein weg- steek-spikkel van ’n enkele ster bo haar kop. Dit is die sprankel hoop wat altyd nog iewers skyn. En kyk dan verder: Sien jy hoe fokus sy op die één snaar wat oor is? Hoe sy aanhou soek na die musiek?” Wat wou Watts hiermee sê?  Jy het die Lig in jou. Daarom kan jy ook in die donker, lig op ander laat val.  Hoop is soms weggesteek onder newels van die donker. Maar wees jy die een wat dieper soek en dan die klein sprankel hoop raaksien.  Hoop is om – ondanks al die gebreekte snare in jou lewe – steeds te fokus op die één snaar van jou lewenslier ... en sy musiek te hoor. As jou hoop met donker oorskadu word en jy sukkel om nog enigsins die mooi raak te sien, onthou dan: Dié Lig, wat lankal die wanhoop oorwin het, is ín jou. Tussen die donker newels wat oor jou vou, vonkel daar iewers ’n blinkwit stukkie genade. Hou daaraan vas. Weet veral, die musiek is steeds daar. Hou jou oor op die grond en luister fyn. Dalk kry jy dit reg om wel te bly dans... wanneer min ander nog kan. Here, help my om fyner te soek na U soort hoop. Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspirasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 30 November 2018. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deel­neem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 80 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Peer- en pekanneutkoek DIT IS AAN te bevele om nié hierdie koek te maak nie. Wanneer jou mense dit eers geproe het, gaan hulle jou verpes om dit vir elke geleentheid en ook vir sommer net die lekker te maak. Dit is ongesond lekker. BESLAG 125 g fyn pekanneute (kyk vir pekanneutmeel by 'n bakwinkel) 345 ml (190 g) meel knippie sout 155 g botter 95 ml strooisuiker VULSEL 1 blik (825 g) pere, goed gedreineer 1 blikkie karamelkondensmelk 250 ml room 5 ml vanielje 2 e strooisuiker • Meng botter en strooisuiker goed saam. • Sif meel en fyn pekanneute by bottermengsel tot ’n deeg gevorm is. • Bedek en plaas 30 minute in die yskas. • Verdeel deeg in 3 gelyke dele. • Trek 3 sirkels van 22-24 cm in deursnit op bakpapier of foelie wat gespuit is. • Druk egalige laag deeg in elke sirkel. • Bak 10-12 minute by 180°C tot mooi goudbruin. • Hanteer die koeklae met behulp van ’n plat skyf. Dit sal help dat dit nie breek nie. • Laat afkoel. • Smeer nou ’n lagie kondensmelk op elkeen van die koeklae. • Sny die goed gedreineerde pere in plat skyfies. • Klits die room met die vanielje, 'n knippie sout en strooisuiker totdat dit vorm hou. • Plaas nou een koeklaag op ’n opdienbord, pak ’n lagie pere op en smeer ’n derde van die room op. • Plaas ’n tweede koeklaag op, herhaal pere en room. • Plaas die derde koelaag op en bedek met laaste derde van room. • Versier verder soos verkies.