FINANCIAL | FINANSIEEL
Senwes Voorsitter
van die Direksie,
Danie Minnaar.
Francois Strydom
Senwes HUB
2018 Finansiële jaar afgesluit met
algemene jaarvergadering
Deur Elmarie Joynt
Senwes Groep Maatskappysekretaris
en Hoof Regsadviseur
S
enwes (en Senwesbel) het hul
algemene jaarvergaderings op
Woensdag, 22 Augustus 2018,
gehou. Alhoewel dit 'n jaarlikse
wetlike formaliteit is, is die vergaderings
altyd 'n hoogtepunt vir die afsluiting van
'n finansiële jaar, veral in die lig van die
goeie resultate van die maatskappy.
Die 2018 finansiële state is voorgelê en
Steve Booysen, James Botha en Simon
Mohapi is herkies as onafhanklike, nie-uit-
voerende direkteure op die raad.
Die Senwes aandeelhouers het al die
besluite goedgekeur, met gemiddelde
stempersentasies van 99% en het ook die
aanbevole finale dividend van 27 sent per
aandeel bekragtig, wat op 31 Augustus
2018 uitbetaal is.
Ernst & Young is heraangestel as
ouditeure, met Derek Engelbrecht wat as
senior ouditvennoot sal optree vanaf die
2019 oudit in die plek van Mike Herbst,
wat in terme van wetgewing afgetree het
volgens die rotasiebeleid.
In terme van statutêre vereistes, het
die aandeelhouers ook die Ouditkomitee
aangestel.
Al die spesiale besluite is aangeneem,
in terme waarvan die direksievergoeding
(nie-uitvoerende direkteure) goedgekeur
is en magtiging verleen is vir die terug-
koop van die maatskappy se eie aandele
ooreenkomstig die bepalings van die
heersende statutêre maatreëls.
Die maatskappy se Akte van Oprigting
is ook gewysig deur die skrapping van
die vereiste dat volmagte 48 uur voor 'n
vergadering ingedien moet word.
Volmagte kan in die toekoms enige tyd
voor 'n aandeelhouersvergadering inge
dien word.
SENWESBEL VERGADERING
Die geleentheid is vanjaar aan Senwesbel
aandeelhouers gebied om 'n kontantdivi-
dend of 'n skripdividend te ontvang (aan-
dele in plaas van kontant), volgens keuse.
Vier en sewentig aandeelhouers het
gekies op die skripdividend te ontvang,
wat beteken dat 916 992 nuwe gewone
aandele uitgereik is aan die aandeel-
houers wat sodanige keuse uitgeoefen
het. Dit behels 'n 0,8% verhoging in
die uitgereikte aandelekapitaal van
Senwesbel.
Vir verdere besonderhede, verwys na
www. https://www.zarx.co.za/zaps
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
73