Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 70

FINANSIES Die impak van huweliksbedelings op koop- en verkoopreëlings  Deur Lucas Coetsee Liberty Regspesialis HUWELIKE IN GEMEENSKAP VAN GOEDERE Toestemming tot die koop- en verkoopooreenkoms D ie huweliksmaats het elk hul eie 100% onverdeelde aandeel in die hele boedel. Dit beteken dat die vrou (byvoorbeeld) net soveel die eienaar van die man se aandele is, soos wat hy is. Dit is van kritiese belang dat sy skriftelik toestem tot die koop- en verkoopooreenkoms ingevolge artikel 15 van die Wet op Huweliksgoedere, want as sy dit nie doen nie, en hy wegval, kan dit ’n hindernis skep om die bepalings van die koop- en verkoopooreenkoms daadwerklik af te dwing. HUWELIKE IN GEMEENSKAP VAN GOEDERE OF HVK Die nie-besigheidseienaargade sterf sonder ’n testament of bemaak al die bates van haar boedel aan ’n derde party Veronderstel man en vrou is getroud GVG (Gemeenskap van Goedere). Hy is ’n aandeelhouer in ’n maatskappy en sy aandele is R10 miljoen werd. Hulle het ander bates, maar die grootste deel van die welvaart word verteenwoordig deur 68 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 hierdie aandeelhouding. Wat gebeur as die vrou sou sterf en sy het nie ’n geldige testament gehad nie, of as sy haar deel van die boedel byvoor- beeld nalaat aan haar kinders wat uit ’n vorige verhouding gebore is? As sy geen testament gehad het nie, sal haar boedel (wat uit hul gesamentlike boedel bestaan, insluitende “sy” besig­ heids­belang) deur middel van intestate erfopvolging in gelyke dele aan hom en haar nasate oorgedra word, mits hy mins­ tens R250 000 kry. Hulle kinders kon moontlik eienaarskap van ’n deel van die man se aandele verkry. Stel jou voor wat sy mede-aandeelhouers se verrassing (en ontsteltenis!) sal wees. As sy ’n geldige testament gehad het, maar alles of ’n gedeelte van haar boedel word aan haar kinders nagelaat (die risiko van hierdie gebeurtenis is die grootste waar die kinders uit ’n ander verhouding gebore is), dan kan presies dieselfde ding gebeur. As ons dieselfde stel feite hierbo aan- vaar, behalwe dat die partye met HVK getroud is (en die aanwas nie uitgesluit is nie), sal die gebrek aan ’n testament of indien die nie-besigheidseienaargade geheel of gedeeltelik haar aandeel in die aanwas aan iemand anders as haar man nalaat, kan dit dieselfde rampspoedige gevolg hê. Weereens kan die besigheids­ eienaargade homself in ’n posisie bevind waar hy finansiering moet verkry om sy kinders/stiefkinders uit sy eie besigheid te koop! HOE SPREEK JY DIÉ PROBLEME AAN? • Verseker dat die gade ’n geldige testa- ment het; • Die gade het ’n reg op testeervryheid en kan haar boedel bemaak aan wie sy behaag. Maak seker dat die besig­ heidseggenoot voldoende likidi­teit het om haar erfgename uit te koop, indien nodig; • In die geval van GVG kan u ’n een- sydig koop-en verkoopooreenkoms tussen die gades oorweeg, waar sy saamstem om haar belang in die besigheid aan hom te verkoop, wat dan sal verseker dat daar kontant in haar boedel is om die erfgename te betaal; • Indien getroud HVK, kan u oorweeg om die besigheid en alle toekomstige groei in die besigheid van die aan- was uit te sluit. Dit sal van toepassing wees op daardie sake-eienaars wat ’n huwelik oorweeg (te laat vir diegene wat reeds getroud is). Om te verseker dat die nie-besigheidsgade nie ernstig benadeel word nie, mag u ’n bedrag geld of ander bate aan haar skenk om die speelveld te balanseer.