PROMOSIE
Cascade ontwikkel
kwaliteit produkte
D
ie Cascade reeks pompe en toerusting is ontwikkel
om vir die plaaslike mark ’n bekostigbare, kwaliteit
reeks beskikbaar te stel.
CASCADE is ’n Prodist geregistreerde handels-
merk. Dit onderstreep waarde vir geld, eenvoudige installasie en
gemak van gebruik. Kenmerke wat bydra tot die gehalte van die
produk, is die brons stuwers (impellers), koper motor windings,
swaar gietyster konstruksie en termiese oorlaai beskerming.
Hierdie eienskappe is standaard op die volledige reeks.
Die VSD’s (veranderlike spoed aandrywings) en ander
elektroniese toerusting word toegerus met kritiese lading kom-
ponente van Duitse oorsprong. Dit verseker duursaamheid in
strawwe Suid-Afrikaanse toestande met sy onvoorspelbare elek-
trisiteit toevoer.
Hierdie reeks is deur Prodist ontwikkel in samewerking met
vervaardigers wat die pas aangee in die Europese mark. Dit is
deeglik plaaslik getoets voordat dit in 2017 bekendgestel is. Die
Cascade reeks, met ’n omvattende een jaar kwaliteitswaarborg,
word gerugsteun deur ’n landswye handelaarsnetwerk en ’n
goed toegeruste herstelsentrum. ’n Volledige reeks onderdele is
plaaslik beskikbaar.
Die reeks Cascade pompe is die ideale oplossing om water-
druk te verhoog of te stabiliseer. Dit word tipies gebruik by
installasies vir watervoorsiening, soos by woonhuise, arbeiders
huise, gastehuise en hotelle. Dit is ook geskik as deel van ’n
reënwater herwinning installasie, tuinbesproeiing en algemene
besproeiing.
Cascade het nou ook sy
eie webwerf! Besoek gerus
www.cascadepumps.
co.za vir meer produkin-
ligting. Pompe kurwes
ook elektronies hier
beskikbaar. Praat
saam, Cascade het
sy eie Facebook blad
ook! Besoek gerus @
cascadewaterpumps
en laaik ons.
66
SENWES SCENARIO | SOMER 2018