Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 62

MENSLIKE HULPBRONNE Wees deel van die Denkpot van die Toekoms Opleiding bied die deurslag vir groei in boerdery en landbou  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur H oe klink dit? Om jou denke in ‘n pot saam te smelt waar uitstekende opleiding lei tot ’n ontploffing in die sukses van jou boerdery en personeel. Om letterlik ’n leier in elke personeellid teweeg te bring. Dit is die gedagte waarmee ek gelaat is na ek met dr René Uys, Direk­teur van Thinking Fusion AFRICA, gesels het. Sy het saam met Jannie de Villiers, HUB van Graan SA, die gehoor tydens die eerste sessie van die 2018 Senwes Toekomsfokus by Nampo Park toegespreek. OM VERANDERING TEWEEG TE BRING Thinking Fusion Africa is ’n maatskappy wat letterlik kapasiteit vir verandering binne organisasies skep, binne jou boer­dery. Met programme soos Launchpad en Let’s Go! vir die wat die werksmag betree asook selfontwikkelingsprogramme soos selfleier- skap en afrigtingskursusse, en Leierskap in die Verhoudingsekonomie wat ook vir bestuurders van waarde is. Dit is slegs enkele van die programme wat hulle al by talle produsente aangebied het en waar- mee hulle groot sukses behaal het. GEDRYF Uys is een van drie direkteure by Thinking Fusion Africa en is al van jongs af 'n uiters gedrewe persoon. Bedryfsingenieur 60 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 by Eskom op ’n jong ouderdom, PhD op 27-jaar verwerf en professor op 30 - sy het by die NWU Bestuurskool op navorsing gefokus. Daarna UJ (RAU), waar sy destyds die enigste professor in bedryfsiel­kunde was. Dit is gevolg deur ’n dekaanskap by Technikon Pretoria, waar sy later hoof van Korporaat Betrekkinge was. WAT IS DIE DOEL? “Ek is so trots. Wat presies doen ons? Ons maak ’n verskil in mense se lewens en binne organisasies,” vertel René. Nadat sy uit die akademiese wêreld is, het hulle ’n leierskapprogram vir vroue ontwikkel, Creating Leadership and Personal Capacity in Women. Hulle het dit by groot maatskap- pye soos Sasol en Vodacom aangebied, waar die vrouens gou die mans in hul persepsie uitpresteer het. In die lig hiervan is leierskapsprogram­ me vir die verhoudingsekonomie ontwerp waarby alle personeel kan baatvind. Dit word teen die agtergrond van die ver- houdingsekonomie geskryf en gaan basies oor die verbinding van mense in ’n tyd waarin masjiene al hoe meer belangrik word. Op hierdie punt sê René: “Dít is eintlik al wat maatskappye kan gebruik om hulle te onderskei.” Verhoudings tussen mekaar, tussen kollegas, met klante asook met verskaffers is kardinaal. Die programme bied vir jou as produ­ sent of organisasie ook die geleentheid sodat jy en jou volgers meer selfleierskap openbaar en meer onafhanklik funk- Dr René Uys, direkteur van Thinking Fusion Africa. sioneer. In kort: “Dit gee vlerke vir leiers.” Selfleierskap is ‘n baie gewilde program vir enigeen wat nie reeds ’n bestuurder is nie. Essential Leadership Insight word baie in boerderygemeenskappe toegepas en die Leierskap in die Verhoudingsekonomie (Leadership in the Connection Economy) word byvoorbeeld deur Syngenta geborg, waarby meer as 100 produsente al gebaat het en baie bestuurders die voordeel in hulleself en hulle eie mense sien. FOKUS SELFS OP JONG WERKSMAG Dit is waarvoor programme soos