Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 58

AREAFOKUS Senwes Grainlink: Standerton Graanbemarkingsadviseur daag produsente uit: “Kom toets ons uit” Senwes Grainlink tot u diens in Standerton! Besoek hulle gerus by Kerkstraat 6A.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario Redakteur D ie nuwe streeksgraan­ bemarkings­adviseur in die area is die Parys-gebore Neil Kemp, wat die voortou neem sedert Senwes in Augustus vanjaar by hierdie gebied inbeweeg het. Senwes in Mpumalanga? Ja, ’n klip- gooi van die Vaalrivier in dié geweste. Die tak is by Kerkstraat 6A in Standerton geleë. Hier is Neil asook sy assistent, Jolien Engelbrecht werksaam - sy hanteer die administrasie en kontrole rondom die graanbemarking van produsente. GOEIE DIENS IS DIE DOELWIT Hulle doel in Standerton is om ’n graan- boek in die gebied te begin en te laat groei. Hulle fokus tans op die area tot en met ’n 100 km radius rondom Standerton. Hyself en Senwes, wat nuwelinge in die gebied is, se doel is om goeie diens aan almal, van klein tot groot produsente, te lewer en hy sal die skakel tussen Senwes en die produsent wees. 56 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Hy is hier vir die lang duur soos hy “deel raak van die gemeenskap, om goeie, ordentlike en deursigtige besigheid te doen.” Sy doel is ook om die Meadows kontrak van Tradevantage te diens. Hy nooi klante uit: “Kom toets ons uit en kom drink ‘n koppie koffie by ons.” MEER OOR DIE PERSONEEL Neil is ’n man met Vrystaatse wortels wat in Vierfontein gevestig is, waar hy Ben Haveman Laerskool bygewoon het voordat hulle Riebeeckstad toe getrek het. Hy het in 1997 aan die Hoërskool Riebeeckstad gematrikuleer en daarna B.Com Ekonomie (Geld en Bank) geswot. Hy verhandel al die laaste 16 jaar graan, nadat hy eers by sy pa se besigheid, Kempro, werksaam was. Hy is ook ’n boerseun in murg en been en het op sy pa Hennie se plaas, Emmanuel, in die Vierfontein-distrik grootgeword. Sy vrou Chanelle en hul kinders, Handré (7) en Kiané (5), sluit juis aan die einde van 2018 by hom in Standerton aan. Neil se assistent Jolien is self ’n boere- meisie wat op die plaas Jeppe in die Theunissen/Winburg omgewing groot- Welkom by die Senwes Grainlink familie Neil Kemp en Jolien Engelbrecht! geword het. Sy is in Bothaville gebore, het grootgeword in Theunissen en later as kantoordame by Beatrix-myn gewerk en daarna as kassier by Teba. Jolien het reeds in Februarie permanent by Senwes Grainlink aange­sluit, nadat sy eers as aflos by die Parystak werksaam was. Sy het twee dogters, Dalene (34) en Madelein (23), asook ‘n seun Steven (32). Neil Kemp Streeksgraanbemarkingsadviseur 017 712 1106 060 966 6892 [email protected] Jolien Engelbrecht Administrasie en Kontrole 017 712 1106 [email protected]