NUUS
Die wortelwenakker by Nico Liebenberg se
plaas in die Bothaville-omgewing.
50 | Wenakkerbraai
Senwes hulle raaksien. Dit is vir klante ’n
ongelooflike ervaring om hierdie eenvou
dige gebaar van dankbaarheid te beleef.
Senwes produsente sê ook hul sê oor
wenakkerbraai:
JAN HARMSE
Rechtvaardig tussen Bultfontein
en Welkom
“Goeie dag Francois. Ek wil net graag
vir jou dankie sê vir die skrywe wat jy
aan ons gestuur het. Dit het vir my en my
seun wat saam boer, baie beteken in die
huidige omstandighede. Dankie ook aan
Senwes wat ons ondersteun en deel is
van ons besigheid. Dit is aangenaam om
te weet dat jul daar is in moeilike tye en
dat jul bereid is om die ekstra myl met ons
te loop. Tans is dit nie maklik om positief
te bly in die boerdery nie. Weereens baie
dankie dat julle landbou se beeld help
uitdra aan die breër publiek. Dit is ’n tref-
fende advertensie van die twee seuns wat
betrokke was by die treinongeluk en die
man wat draadkarre bou. Bou so voort.”
THABO VAN ZYL
Thuso Graan in die Wesselsbronomgewing
“Vreeslik dankie vir jul gasvryheid op ons
wenakker! Dit is ’n reuse gebaar. Elkeen
van my werkers sê opreg dankie vir die
moeite wat jul doen om vir hulle ’n mid-
dagete te kom voorsit in hul werksplek.
Baie dankie! Ek is baie opgewonde oor
die energie waarmee almal van Senwes
hul plek in die groot prentjie volstaan en
vreeslik opgewonde oor die kultuur wat
elkeen van julle help vestig en skryf binne
Die personeel by JP Meintjies se plaas
ontvang hul boereworsbroodjies.
52
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
Senwes. Hierdie is ’n great inisiatief en
word opreg waardeer.”
RIAAN ESTERHUIZEN
Essies Boerdery in Hartswater
“Dankie vir vandag se besoek Robert. In
vandag se ongunstige landboutoestande
kan sulke aksies net voordelig wees vir
sowel ons boere asook vir Senwes. Julle
het vir Vaalharts aan die gons. Ons sien
met groot verwagting uit na die nuwe han-
delstak. Dankie!”
CHRIS SCHOONWINKEL
Van die plaas Welgegund tussen
Wesselsbron en Hoopstad
“Baie dankie vir die gebaar van die braai
op die land. Ek en my mense waardeer dit
opreg.”
Wenakkerbraai by die Schweizer
Katoengroep in die Schweizer-
Reneke-distrik.