Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 46

JAG 42 | Beste koeëlkeuse vir jaggeweer en verkoop aan skuts. Vervaardigers se beste tegnologie word ingespan om die koeëls te ontwerp en te vervaardig. Dus is teikenskietkoeëls die mees akkurate koeël. Dit is egter ontwerp om papierbok- ke dood te maak, nie die ware Jakob nie. Hierdie koeëls word meestal vervaar- dig met ’n sagter mantel as wat jagkoeëls van gemaak word. Indien jy ’n bok gaan jag met teikenskietkoeëls kan dit ’n lang dag in die veld wees. In meeste gevalle penetreer sagtemantelkoeëls nie so goed soos hardemantelkoeëls nie. Hulle breek makliker op en kan baie meer vleis mors as gevolg van die sagter mantel. Jag is die ander doel waarvoor koeëls aangewend word. Ons kry verskillende soorte jagkoeëls. Jagters skiet op ver- skillende terreine en daarvoor het ons verskillende koeëls nodig. Die skut wat ’n springbok in die kop wil skiet op 200m, het ’n ander tipe jagkoeël nodig as die jagter wat ’n stormende buffel op 30 tree wil plattrek. 44 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 Die meeste vervaardigers verkoop koeëls wat uit ’n soliede stuk metaal gemaak word. Jagters wat groot diere wil skiet en ’n koeël nodig het wat goed penetreer, verkies om met ’n soliede koeël te jag. Die punte is relatief duur en is ook nie die mees akkurate jagkoeël wat beskikbaar is nie. Van die koeëls klink nie om nie en die wat wel omklink, maak nie ’n groot wondkanaal nie. Meestal word die tipe koeëls gebruik vir nabyskote en op diere wat ’n baie groot beenstruktuur het wat gepenetreer moet word. Jagkoeëls wat van lood en ’n mantel gemaak word, wat goed omklink en goed penetreer, is seker die tipe jagkoeël wat jagters meestal mee wil jag. Die koeël behou baie van sy gewig as hy omklink en penetreer reguit deur die bok. Die koeëls se werking is om ’n groot wondkanaal te maak en vleisskade te beperk. Die tipe koeëls se mantel is gewoonlik baie harder as die teikenskietkoeëls se mantel. Van die vervaardigers het ’n proses wat die koeël se lood en mantel aan mekaar vasheg. Daarom kan die koeël goed penetreer en sy gewig behou. Die koeëls se vervaardi­ gingsproses is duurder as die meeste ander koeëls. Daarom is die koeëls ook relatief duurder as meeste ander koeëls. Daar is ook jagters wat koeëls gebruik wat nie moet penetreer nie en wat baie gewig moet verloor as hulle die dier tref. Die jag van probleemdiere benodig die tipe koeël wat nie goed penetreer nie en wat baie vleisskade tot gevolg het. Vir dié doeleindes is daar ook koeëls op die mark. Die tipe jagkoeël het gewoonlik ’n sagter mantel as ander jagkoeëls en is ook baie akkuraat oor langer afstande. Aangesien verskillende koeëls vir ver- skillende omstandighede gebruik word, is ’n skut se koeëlkeuse baie belangrik. Indien ’n teikenskietkoeël gebruik sou word om ’n leeu mee te jag, sal dit glad nie die gewenste uitwerking hê nie. ’n Soliede jagkoeël behoort ook glad nie die gewenste uitwerking te hê op ’n probleem­dier op 300m nie. Meeste koeëls is baie goeie kwaliteit produkte, indien jy dit aanwend vir die doel waarvoor dit ontwerp is.